Sunday, October 14, 2012

Wie is die bruid van Christus?


L.w.:   die Kerk is NIE die bruid van Christus nie!  
- In die skrif word die kerk die "genooides" genoem, of die "bruilofsgaste", of "diensknegte" -


(1)  - Die skrif is duidelik daaroor dat DIE STAD, DIE NUWE JERUSALEM, die bruid van Christus IS!  (Openb. 21:9,10)  "En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal".

(2)   - In die OT profetiese boeke, word ISRAEL EN DIE LAND, ook as die Here se "vrou" voorgestel:  (Jes. 54:5 - "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word".
(Jes. 62:4 -"Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, EN JOU LAND:  DIE GETROUDE; want die Here het ‘n behae in jou, EN JOU LAND SAL GETROUD WEES".(Jer 2:2).

------------------------------------------------------------------------------------


Die beeldspraak van "bruidegom en bruid", was graag deur die Ou Testamentiese profete gebruik om 'n gevoel uit te beeld oor hoe Jerusalem 'n puinhoop sal word en hoe die Here Hom uiteindelik weer sal ontferm oor die land, bv. Jer 7:34; Jer 16:9; Jer 33:11; Joe 1:8; Jes. 62:5 - hulle het die verlatenheid van die land, vgl. met die stem van die bruidegom en die stem van die bruid wat stil geword het;  en hulle sien uit na hoe die Here die lot van die land weer gaan verander en "soos die bruidgom bly is oor die bruid, so sal God bly wees oor Jerusalem".  Dit was dus vir die Jode 'n relatief bekende begrip en iets waarna hulle uitgesien het wanneer die Here Sy volk terugbring in hulle land en die land herstel.   "Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land". 

(Hos 2:15-19) "En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus. En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming". In hierdie geval word Israel soos 'n vrou voorgestel en verloof aan Hom, ook word die Here gesien as haar "man".   -(Dit is met hierdie prentjie wat die Jode grootgeword het;  die woorde van die profete, uitgespreek oor die tyd wanneer die Here Sy koninkryk gaan oprig en Hy hulle eerste Liefde sal wees) (l.w., 1000-jarige Vrederyk).

Daar is 'n romantiese beeld wat deur verskeie kerke geskep word oor hoe Christene sit en wag, soos 'n bruid, op hulle bruidegom om hulle te kom haal. Dit is egter nie 'n getroue weergawe van wat die Skrif ons leer nie.   Die kerk is die "genooides" en word ook die "diensknegte" genoem.  Wanneer ons lees in Openb. 19:7 " want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak", praat dit NIE VAN DIE KERK WAT GEREED IS NIE, want dit is duidelik uit die skrif dat nie alle Christene gereed gaan wees wanneer Jesus terugkom nie. Die vrou van wie hier gepraat word, kan dus nie die kerk wees nie, want van die vrou  word gesê dat sy "gereed IS". Die kerk is nie die "bruid" wat haar gereed maak vir die bruidegom nie, maar eerder die diensknegte, (genooides, maagdes), wat hulle gereed maak vir die bruilof as "bruilofsgaste" (Matt. 9:15).  Alhoewel daar gepreek word oor hoe "gereed" ons moet wees, verstaan min wat dit regtig beteken. Om te sê dat die kerk "nie die bruid van Christus is nie", is dalk bietjie dinamies, want dit kan seker gesê word dat die kerk "deel is van die bruid van Christus", gesien dat "die nasies van die wat gered word,  in die lig daarvan (stad Jerusalem) sal wandel", (Openb. 21:24), maar ons moet ook onderskei tussen die "bruilof van die Lam" en die gebeurtenis na die 1000-jarige Vrederyk, met die nuwe hemel en aarde, wanneer die stad Jerusalem uit die hemel neerdaal op die aarde.
(Openb. 19:7)  "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak".  Openb. 19:8 - "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges". 
---------------------------------------------------------------------------------



Die Gog en die Magog


(Openb. 20:7)  "En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
(Openb. 20:8)  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see".


Die "Slag van Armageddon" in Openb. 16 en 19, is nie dieselfde as die gebeurtenis in Openb. 20 van die versameling van die "Gog en die Magog" nie.  Die slag van Armageddon vind plaas met die wederkoms van Jesus Christus, begin van 1000-jarige Vrederyk; terwyl die Gog en Magog (van Openb. 20) eers plaasvind aan die einde van die  1000-jarige Vrederyk.

(Openb. 20:9)  "En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind".  Siende al die nasies gaan optrek vir hierdie oorlog, gaan almal deur vuur vernietig word - na die gebeurtenis, is dit die Wit troon oordeel, en dan die nuwe hemel en nuwe aarde (Openb. 20,21).  
Dit sal plaasvind aan die einde van die 1000-jarige Vrederyk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die "Wederkoms" sal die begin wees van die 1000-jarige Vrederyk.  Jesus Christus, die Seun van God, sal as Koning regeer oor die hele aarde: (Openb.19:15)  "En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY SAL HULLE MET 'N YSTERSTAF REGEER, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige".

Die wat in Christus gesterf het met die wederkoms, sal opstaan uit die dode in nuwe liggame en die gelowiges wat oorgebly het in die lewe met die wederkoms, se liggame sal in 'n oogwink verander word en met die Here verenig word.  Dit noem ons die "Eerste Opstanding". (Die tweede opstanding van die onregverdiges, vind eers plaas na die 1000-jarige Vrederyk na die vuur uit die hemel op die Gog en die Magog).  Die wat deel gehad het aan die EERSTE OPSTANDING, sal saam met Hom as konings regeer in die 1000 jaar: (Openb. 2:26,27)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het";  (Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.  -  l.w. dat hierdie belofte slegs gemaak word aan "die wat oorwin".

Die woorde "Gog" en "Magog" word ook in skrifgedeeltes gebruik in Eseg. 38 en 39.  Alhoewel dieselfde woorde gebruik word, lyk dit tog nie of dit praat van die gebeurtenis in Openb. 20 nie, maar eerder van die slag van Armageddon.  Daar is definitiewe verskille tussen die twee skrifgedeeltes, soos dat alle nasies optrek na die slag in Openb. 20, maar in Eseg. 38/39 net sekere nasies optrek.  Waar die dooies bv. vir 7 maande nog begrawe gaan word in die Eseg. skrifgedeeltes, vind ons direk na die Openb. 20 skrifgedeelte, die Wit troon oordeel. Daarom dan dat sekere mense ook praat van die slag van Armageddon as die Gog en die Magog, maar daar moet onderskei word tussen die skrifgedeeltes van die twee slagte.




Christen Debat: Saligheid


Almal is bekend met die gesegde:  
"eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God"
 Alhoewel die gesegde glad nie voorkom in die Bybel nie, is daar heelwat ander skrifte waarvan die afleiding gemaak kan word;  of is daar?

Vir jare is daar heelwat verskil onder leke sowel geleerdes oor die onderwerp van of die Christen sy/haar saligheid weer kan verloor nadat hy/sy tot bekering of wedergeboorte gekom het. 
 Sommige is van mening dat jy nooit jou saligheid kan verloor nadat jy 'n kind van God geword het nie;  ander is weer oortuig daarvan dat jy wel jou saligheid kan verloor, sou jy afdwaal of in opsetlik, aanhoudende stap.  

Daar is heelwat skrifte rondom die onderwerp en in hierdie debat word beoog om na soveel moontlik skrifte te gaan kyk en die moontlikhede van elke stelling te oorweeg.   
------------------------------------------------------------------------


Groep 1:  "Die Christen kan nooit sy/haar saligheid weer verloor nie"
(Die volgende word deur die groep as bewyse voorgehou)


-  Nadat iemand Jesus Christus as sy Saligmaker aangeneem het, dan kan daardie persoon versekerd wees van sy/haar kindskap in die Here.(Joh. 6:37-40; 3:16; 10:9) 
-  As 'n Christen bly stap in sonde en nie die nodige vrug dra nie, dan het hy nooit regtig tot bekering gekom nie.(Joh. 10:24-27;  1 Joh. 2:3,4; Matt. 7:16; Matt. 7:22,23) 
-  "Saligheid" kan nie verkry word deur "heilig lewe" of wette nie, maar deur 'n keuse te maak vir die Here. (Rom. 3:23,24; Joh. 3:16; Rom. 4:13-16;  5:1,2; 1 Joh. 1:8-10))
-  Almal sondig, al kom hulle tot bekering - God vergewe altyd -   Jesus het klaar vir daardie sondes betaal.(1 Joh. 1:9; 1 Kor. 5:1-5)  


(Joh 6:37)  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
(Joh 10:27)  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
(1Jn 2:4)  Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
(Matt 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Rom 4:13)  Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
(Rom 5:1)  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
(1Kor 5:5)  om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
(1Kor 3:15)  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
(Rom 8:38,39)  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
---------------------------------------------



Groep 2:  "Die Christen kan sy/haar saligheid verloor as hy/sy bly stap in aanhoudend, opsetlike sonde" 
(Die volgende word deur die groep as bewyse voorgehou)  
                                  


-  Daar is heelwat voorbeelde van mense in die Bybel wat verloor het wat hulle eens ontvang het van die Here; dus alhoewel die kind van God versekerd kan wees van sy saligheid, kan hy dit verloor as hy dit nie oppas nie.(Adam en Eva het ewige lewe verloor - Gen. 3;  koning Saul het Heilige Gees verloor - Dawid het ook geglo dit kan gebeur - Ps. 51:11; Lucifer, gevalle engele - het "seunskap" verloor;  ens.)

-  Heelwat gemeentes en Christene is gewaarsku in die Bybel dat hulle afgesny kan word van die saligheid(Hebr. 10:26-31; Gal. 6:7,8; Rom. 8:12,13)

-  Christene se name kan uitgevee word uit die boek van die lewe(Openb. 3:5,6)

- Daar moet onderskei word tussen "opsetlike, aanhoudende sondes" en "daadsondes wat gedurig bely word" - die skrif is duidelik dat die uiteinde van opsetlik, aanhoudende sondes, "die dood" is.(1 Joh. 2:15-17; Hebr. 10:26,27; Ef. 5:5-7; Rom. 8:12,13; 1 Kor. 10:1-12; Fil. 3:18,19; Gal. 4:8-11)(Heb 10:25-28)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;


(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Openb 3:5)  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
(Openb 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
(Openb 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
(1Jn 2:17)  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
(Ef 5:5-7)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
(Rom 8:12,13)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
(1Kor 10:12)  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
(Openb 2:4,5)  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
-------------------------------------------------------------------------------

Opsomming:

Tussen die twee sienings, dra altwee se sieninge heelwat krag en die oplossing is nie noodwendig dat een reg is en een verkeerd is nie, maar eerder dat die sienings mekaar aanvul, bv. Joh. 6:66 is 'n goeie voorbeeld. In die gedeelte sien ons dat  'n klomp dissipels Jesus verlaat.  Wanneer ons die skrif in konteks lees, dan spreek dit nie van mense wat heeltemal alvallig geraak nie, maar eerder van mense wat in die eerste plek nie regtig geglo het nie!  Dus, soos die eerste groep se stelling, is daar BAIE MENSE WAT VOORGEE HULLE IS CHRISTENE, MAAR  INDERDAAD NIE IS NIE EN HULLE VRUG BEWYS DIT, maar ons moet ook die hele Bybel in konteks neem, nie net een skrifgedeelte nie, en saamstem met die tweede groep wat die stelling maak dat DAAR  DIESULKES IS WAT REGTIG TOT BEKERING KOM, MAAR AFVALLIG RAAK EN DIE GEVAAR LOOP DAT HULLE AFGESNY KAN WORD - sien verse.

 Net so kan met sekerheid gesê word dat die ware kind van God absoluut versekerd kan wees van saligheid, maar dan moet ander skrifte wat duidelik weergee dat mense hulle saligheid kan verloor, sou hulle dit nie oppas nie, ook in aanmerking geneem word.  Die een is nie verkeerd en die een reg nie, maar altwee is reg - ONS KAN SEKER WEES VAN ONS SALIGHEID, MAAR ONS KAN DIT VERLOOR AS ONS DIT NIE OPPAS NIE - sien skrifte.

Dat saligheid nooit verkry kan word deur "werke" nie en dat vrug 'n bewys is van die wat regtig tot geloof gekom het, is duidelik uit die skrif;  tog is daar Christene wat in aanhoudend opsetlike sonde stap, maar  werklik die Here eens as eerste liefde geken het, dus verwys dit na die wat van die geloof afvallig raak of geraak het.  Paulus bemoedig ons om diesulkes te vermaan tot hoop dat so iemand terugkom op die pad, maar dit is duidelik uit die skrif dat sou iemand hom nie bekeer nie, die Here "sy kandelaar kan verwyder".  Die uiteinde van die sonde is die dood, dus die verskil tussen opsetlik aanhoudende sonde en daadsondes wat opregtelik bely word en afgelê word.

Alhoewel ons deur genade die ewige lewe verniet verkry het, beteken dit nie dat God dit nie sal wegneem as ons van die geloof afvallig raak nie (soos party mense glo dat God nie 'n geskenk sal terugneem nie).  Die briewe deur Jesus aan die gemeentes in Openbaring, is genoeg bewys van hoe die Here daaroor voel - Hy sal 'n geskenk terugneem as iemand Hom as sy eerste Liefde verlaat (dit praat dus van iemand wat die Here op 'n stadium as Eerste Liefde geken het, maar nie meer nie - dus,  iemand wat gelowig geword het, maar afvallig geraak het).








Tydlyn Adam - 12 stamme van Israel


SKEPPING
|
ADAM  +  EVA
(Sondeval / Weggestuur uit die tuin)
|
Kain               Abel   
Set
(Kain het vir Abel doodgemaak)
|
ENOS
KENAN
MAHALALEL
JERED
HENOG
METUSALAG
LAMEG
|
NOAG
(Sondvloed  /  Noag se Ark)
(God sluit 'n verbond met Noag)
|
GAM                    JAFET
SEM
|
ARPAGSAD
SELAG
HEBER 
PELEG
REHU
SERUG
NAHOR
TERA
|
ABRAM  (ABRAHAM)
(Die roeping van Abraham)(Abram verlaat Ur - sowat 1900 jaar v.C.)
|
ISAK
|
JAKOB (ISRAEL)
|
ISRAEL SE 12 SEUNS (12 STAMME VAN ISRAEL)

=============================================================


http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html

Thursday, September 27, 2012

Sal die Here Sy kinders beskerm tydens verdrukking?


Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos


(2Pe 2:1)  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
(2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
(2Pe 2:3)  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2Pe 2:4)  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
(2Pe 2:5)  en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
(2Pe 2:7)  en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;
(2Pe 2:8)  want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke—
(2Pe 2:9)  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;


Van watter "versoeking" praat hy hier waaruit die Here die godsaliges verlos? (2Pe 2:9)  "die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word"  dus, die teenoorgestelde van "om uit versoeking verlos te word", is "om bewaar te word vir die dag van oordeel".   
 Hoe verlos Hy hulle uit versoeking?  -As ons die gedeelte in konteks lees, praat hy van  die valse profete en leraars wat nie gespaar sal word nie, net soos God ook nie die engele gespaar het, asook die ou wereld nie...  Wie is uit die "versoeking" verlos?  Noag, met sewe ander,  en Lot... - God het hulle veilig gehou.  Die skrifgedeelte verduidelik dus vir ons "hoe" Hy die godsaliges uit versoeking verlos, m.a.w., Hy hou hulle veilig (nie noodwendig veilig hou in tye van verdrukking nie, alhoewel Hy sal as Hy wil, maar veilig hou "op die dag van oordeel",  wanneer die onregverdiges bewaar word vir die dag van oordeel of wanneer Hy wraak uitoefen op die onregverdiges). 


Terwyl 'n studie op eindtydskrifte, altyd duidelik uitwys dat die wederkoms eers sal plaasvind iewers op die sewende seel, is daar heelwat Christene wat nie kan verstaan hoe die godsaliges nog op die aarde kan wees in daardie tyd nie. Daarom is daar heelwat valse leerstellings rondom die onderwerp en het sommige besluit dat die wederkoms in twee dele geskied, leerstellings wat heeltemal onskriftuurlik is en bloot gebou is op "afleidings" - sien my blogpost, getiteld "die doel van die wegraping": http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/die-doel-van-die-wegraping.html  


Ons moet onthou dat voor die sewende seel, daar reeds baie dinge met die aarde gaan gebeur.  (Mat 24:22)  "En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word". - d.w.s., die uitverkorenes sal nog op die aarde wees in daardie dae;  dit is hoekom die Here die dae sal verkort! - God gaan nie die godsaliges "wegneem" soos baie leer nie, maar Hy sal die "dae verkort".  Dit beteken ook nie dat hulle nie hulle lewe kan verloor nie;  inteendeel, dit sal ook 'n tyd wees waarin baie Christene op die proef gestel gaan word deur verdrukking, en ander verdruk word ter wille van om die evangelie te verkondig. Dit sal die dae wees wanneer die evangelie aan die hele wereld verkondig word en Christene sal met hulle lewe betaal vir hulle geloof.  
Op die sesde seel sien ons bv. 'n groot aardbewing, sterre wat op die aarde val, die hemel wat wegwyk soos 'n boek wat toerol, berge en eilande wat uit hulle plekke versit word ens. Die 6 de seel word afgeeindig met die woorde: (Openb. 6:17 - "want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?")  dit is nie dinge wat met die aarde gebeur waarvoor ons moet bang wees nie, of die wat die liggaam kan doodmaak nie, maar "vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel"! (Matt. 10:28b).(Gaan lees gerus Matt. 10:15-42-(Mat 10:39 - "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind".)
In die tye van die eerste 5 seels, sien ons oorloe en gerugte van oorloe, nasies en koninkryke wat teen mekaar opstaan, hongersnode, pessiektes, aardbewings en groot verdrukking van die gelowiges, nee, nie net die Jode soos baie leer nie, maar gelowiges van alle nasies, stamme, volke en tale - (Openb. 7:9)  "Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; (Openb. 7:14)  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Wanneer gaan die Here dan nou eintlik die godsaliges verlos? -  wanneer Hy Sy wraak uitoefen op die onregverdiges, op die dag van oordeel - (NIE in die tyd van dit wat met die aarde gebeur voor dit nie, of in die tyd van vedrukking nie!).   In die skrifgedeelte in Luk. 18:1-9, die gelykenis van die onregverdige regter, (Luk 18:7,8 - "Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?) wil dit lyk of Jesus vir ons 'n uitkoms belowe om hierdie ander dinge vry te spring;  tog, wanneer ons dit in konteks lees met die vorige hoofstuk, asook spes. v.9, dan moet ons verstaan dat Hy gepraat het van die daardie "dag van die Here", m.a.w., die "dag van oordeel".  (v. 9: "En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel").  Nog 'n konteks in die gedeelte: (Luk 18:1  "En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie") - sien my blogpost, getiteld "As Jesus kom, sal Hy wel die gleoof op aarde vind?: http://www.blogger.com/blogger.g?blogID=8353727352980347449#editor/target=post;postID=4069851158389632782


 Wie val NIE onder die godsaliges nie? (wie sal nie veilig gehou word op die dag van oordeel nie?):   - "DIE MENSE VAN DIE OU WERELD , EN  DIE MENSE VAN SODOM EN GOMORRA"  - dit is die wat meer besig is met die lewe, as met die Here, die sedeloses wat losbandig lewe, die onregverdiges...; 
-  OOK DIE VALSE PROFETE EN DIE VALSE LERAARS - die wat uit hebsug met verdigte woorde voordeel trek uit ander, die wat verderflike ketterye heimlik invoer, en die Here verloen...  


 - "die Here weet om die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel..."


---------------------------------------


(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
(2Th 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
(2Th 1:9)  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
(2Th 1:10)  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

Tuesday, September 18, 2012

Eksodus

"Eksodus",
 die tweede boek in die Bybel, se gebeure speel sowat 400 jaar later af na Genesis, sowat 1300 jaar v.C.  (In die volgende 100 jaar daarna:  Eksodus, Levitikus, Numeri, Deutoronomium en Josua).  

Die woord "Eksodus" beteken "uittog" en gaan oor die "uittog" van die volk Israel uit Egipte, waar hulle slawe was.
  Algemene inligting, onderwerpe in Eksodus: 
 *  Priesters:  Die pligte van die priesters, hou meestal verband met die tabernakel- en die tempeloffers.  Die man in beheer van die priesters, was die hoëpriester.  Die priesters moes ook namens God antwoorde gee op vrae wat nie andersins opgelos kon word deur die volk nie.  Hiervoor het hulle die heilige klippe gebruik, die urim en die tummin.  Hulle moes ook God se wette aan die volk leer. Alhoewel dit wil voorkom asof die idee van 'n "priesterdom"  sy oorsprong het onder die volk van God eers in Ex. 28, was die term "priester" nie onbekend voor dit nie.  Ons lees alreeds in Gen. 29:18-20 van die koning van Salem, "Melgisedek" - "wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was...".  Ons lees ook op ander plekke van "priesters".  Wat die priesterdom in Eks. 28 verskillend maak van die ander priesters, is die definitiewe reëls en regulasies, klere ens. wat God van hulle verwag het- hulle pligte was spesifiek op tabernakel -(en later tempel) diens gemik, iets wat nog nie bestaan het voor die boek van Eksodus nie; God het dit ook beperk tot 'n spesifieke generasie van die Leviete. Om 'n priester te wees, klink na 'n heel lekker "job", maar in der waarheid was God baie streng gewees op die priesters.  Lees bv. die spesifieke pligte en hoe presies dit uitgevoer moes word (Num., Lev.). Lees ook in Lev 10:1,2 hoe God die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, met vuur verteer het omdat hulle nie God se opdragte presies uitgevoer het nie! Deel van die priesterdom se pligte, was die offers wat hulle moes bring in die tabernakel (later tempel).  Daar was bv. die brandoffer, die spysoffer, die dankoffer en die SONDOFFER.  Die sondoffer was gebring wanneer iemand teen God of teen 'n ander gesondig het.  Dan is bloed gesprinkel as teken van reiniging. Op VERSOENDIG was dit egter anders gedoen - dan is 2 bokke geoffer (een soos 'n gewone sondoffer doodgemaak, die ander een die woestyn ingejaag as simbool van die sonde wat verwyder word). Sonde wat die doodstraf verdien het, kon nie deur 'n offer betaal word nie. Die Hoepriester het eenmaal 'n jaar, op Versoendag,  in die allerheiligste ingegaan waar hy bloed op die versoendeksel gesprinkel het.  Volgens Hebr. 7 tot 10 is Jesus Christus nou ons ewige Hoëpriester.  Siende ons almal die dood verdien, kon geen aardse offer daarvoor betaal nie;  inteendeel was geen offer volkome nie (Hebr. 10:11).  Christus Jesus was die volmaakte offer en daarom kan die wat in Hom glo, die ewige lewe deelagtig raak - ons het dus ook nie aardse priesters meer nodig nie.  Lees Luk. 23:45 - van die voorhangsel voor die allerheiligste in die tempel wat in twee geskeur het net voor Jesus Sy asem uitgeblaas het op die kruis. (Hebr. 10:20)

Lees Hebr. 9:1-28

*  Tabernakel:  Die Tabernakel was 'n groot tent wat deur die Israeliete gemaak is op God se bevel.  Dit was die teken dat God altyd by hulle sou wees.  Dit is ook "die tent van samekoms" of "die huis van God" genoem.  Die binnekant was in twee vertrekke verdeel:  die "allerheiligste" (waar net die hoëpriester kon ingaan en die plek waar God met hom gepraat het);   en die "heiligste".  In die allerheiligste was die "ark van die verbond". Die tabernakel kon opgeslaan word en het saam met die Israeliete getrek deur die woestyn. Ander artikels in die tabernakel:  Die REUKALTAAR (waarop wierook elke oggend en aand gebrand is), die GOUE KANDELAAR (die enigste ligbron in die tabernakel) die TAFEL VAN DIE TOONBRODE (elke sabbat is 12 nuwe brode daar neergesit), die KOPERWASKOM (die priesters het hulle hande en voete daarin gewas), en die BRANDOFFERALTAAR (hierop het hulle lammers, bulle, bokke en ander diere geoffer).  (Eks. 25-27; 30:1-10, 17-21) Die tabernakel was saam met die Israeliete rondgedra in die woestyn oppad na die beloofde land.  Dit was 'n teken dat God altyd by hulle was en o.a. "die tent van samekoms" genoem, of "die huis van God". Dit het uit twee vertrekke bestaan en is opgerig met 'n omheinde area waar die offers plaasgevind het. God het baie spesifieke instruksies gegee oor hoe die tabernakel oorspronklik gebou moes word en watter voorwerpe alles in die tabernakel moes staan - (Gaan lees gerus Eks. 25 tot 40).  Op die dag wat dit voltooi is, het 'n wolk die plek van ontmoeting oordek, "en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul" (Eks. 4:34).  Die volk het dit dus ervaar as dat die Here afgekom het om onder Sy mense te woon - Eks. 29:42-46. Die Leviete was verantwoordelik vir die op- en afslaan van die tabernakel asook vir al die voorwerpe of gereedskap. Dit het in die middel van die kamp gestaan met die tente van die Leviete rondom, en daaragter die tente van die ander stamme van Israel (Num. 1:50 - 2:31). Daar was verskillende voorwerpe in die tabernakel wat elkeen 'n doel gedien het.  Die tabernakel was 'n heilige plek en enige sonde het dit verontreining;  daarom is daar offerbloed gesprinkel as teken vir reiniging. Die tabernakel het vir sowat 300 jaar die fokuspunt gebly van die volk se aanbidding, totdat Salomo die tempel opgerig het. Lees Hebr. 9 om beter te verstaan oor hoekom ons nie meer die tabernakel (wat met hande gemaak is), nodig het nie en hoe Christus Jesus se bloed "op al die gereedskap van die tabernakel besprinkel is".     

Nadat die Israeliete Kanaän ingeneem het, het hulle nie meer nodig gehad om die tabernakel oral saam met hulle te dra nie.  Koning Dawid het 'n stuk grond noord van Jerusalem gekoop en beplan om 'n permanente tempel vir God daar te bou.  Die tempeluitleg was baie soos die van die tabernakel.  Dawid se seun, Salomo, het uiteindelik die tempel gebou.

Is "die kerk" vandag die "huis van God" (soos die tabernakel en die tempel genoem was)?
Hoekom die tabernakel so genoem was, is omdat dit soos 'n woning was vir die Here om "onder Sy volk te woon". Dus, wanneer mense "die kerk", "die huis van God" noem, dan verwys hulle gewoonlik na die feit dat God by hulle is.  Dit hang natuurlik ook af van die mens se begrip van die woorde, "die kerk". Die kerk verwys egter nie na 'n klipgebou nie, maar eerder na Christene in geheel. God woon onder Christene d.m.v. Sy Heilige Gees:
-  (Joh 14:17)- "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees".
-  Jesus het bv. ook die volgende stelling gemaak in Joh 8:29 -  "En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is".  Ons merk dat gehoorsaamheid hier hand aan hand gaan met die teenwoordigheid van die Here.  God bly dus by die wat Hom vrees en Sy wil soek in hulle lewens.  Jesus moedig ons egter aan in Luk 11:13 om te bid dat die Vader vir ons die Heilige Gees gee: - " As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?"  Wanneer ons die skrifgedeelte in konteks gaan lees, praat Jesus van "gebed" en dus 'n verhouding met die Here, van mense wat tyd met die Here spandeer en vir Hom lief is.  Die "kerkgebou" dra egter niks sulke karaktertrekke nie, maar wel die Christene (wat ons noem, "die kerk). Omdat Christene saamkom in die kerkgebou, noem baie mense dit "die huis van God". Paulus skryf aan die gemeente van Ef. hoe hy vir hulle bid:  -(Ef .3:17)-  "sodat Christus deur die geloof IN JULLE HARTE KAN WOON, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is".


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming Hoofgebeure in Eksodus
Eks. 1:1 - 2:23
- Die nageslag van Jakob:  slawe in Egipte
- Geboorte van Moses 
(Moses in mandjie van biesies)(Farao se dogter "trek hom uit die water")(Moses raak haar seun)
-Moses vlug
(Moses slaan Egiptenaar dood en vlug na Midian)(Moses trou met Sippora, dogter van Jetro, priester van Midian - sy baar 'n seun, Gersom)(Moses pas kleinvee op vir sy skoonvader - kom by berg Horeb)
(Die Here verskyn aan Moses in 'n vuurvlam uit 'n doringbos en gee hom opdrag om terug te gaan Egipte toe en die volk te verlos)(Neem sy vrou en kinders en gaan na Egipte)(Die Here stuur vir Aaron, Moses tegemoet, om vir Moses die praatwerk te doen.)
Eks. 5:1 - 18:21
- Moses (80 jaar oud) en Aaron (83 jaar oud) by die Farao
(Die Farao wil hulle nie laat gaan nie en weier om onderdanig te wees aan die Here)
- Die 10 plae
(1) (Nyl se water verander in bloed: visse gaan dood en stink; kan nie water drink nie; ook Egiptenaars se strome, kanale, waterkuile, alle versamelplekke van water, ook hout en klipbakke se water het bloed geword. Farao se towenaars doen dieselfde. Hulle grawe rondom Nyl vir water.  7 Dae gaan verby).
(2) (Nyl, strome, kanale, waterkuile, wemel van paddas en klim op en gaan in huise in, in slaapkamers, beddens, bakskottels en oonde en spring teen almal op. Farao se towenaars doen dieselfde. Farao vra dat hulle die paddas wegneem na volgende dag en belowe dat hy hulle sal laat gaan)(Moses roep tot die Here, neem paddas weg laat daar net in Nyl oorbly).
(3) (Stof raak muskiete en kom op die mense en op die vee.  Farao se towenaars kry dit nie reg nie en se, "dit is die vinger van God", maar Farao se hart verhard).  
(4) ( Huise vol dik swerms steekvlieë en selfs die grond waarop hulle gestaan het.  Gosen - waar volk woon - word nie daardeur geraak nie.  Land deur steekvlieë verwoes.  Farao gee hulle toestemming om in land te offer, maar Moses weier en eis dat hulle 3 dagreise ver gaan.  Farao stem in en vra hulle moet vir hom bid.  Moses bid tot die Here en Hy neem die steekvlieë weg sodat daar nie een oorbly nie.  Farao se hart weer verhard).
(5) (Die Here se hand teen die Farao se vee, perde, esels, kamele, beeste en kleinvee met baie swaar pes.  Die Israeliete se vee beskerm. Egiptenaars se vee gaan dood. Farao se hart steeds verhard).
(6) (Moses strooi twee hande vol roet uit voor Farao se oe.  Word fyn stof wat swere veroorsaak oor hele Egipteland op mense en diere wat in blare uitbreek. Towenaars kon nie eens voor Moses-hulle staan nie, soveel sere op hulle en op Egiptenaars. Farao se hart steeds hard).
(7) (Die Here maak dit duidelik dat die enigste rede hoekom die Farao nog lewe en Hy hom nog nie uitgeroei het nie, is om Sy krag te wys sodat almal sal weet, Hy is die Here.  Baie swaar hael, waarin vuur was, reen op Egipteland soos daar nog nie gewees het nie.  Die mense was gewaarsku om hulle vee en mense uit veld te bring, maar almal het dit nie gedoen nie.  Donder en hael op mense, diere, bome en plante, maar nie in Gosen nie. Hulle vlas en gars was weggeslaan.  Farao vra weer dat hulle vir hom bid - hulle belowe so gou as hulle uit die stad uit is en het dit gedoen en hael het opgehou. Farao se hart nog verhard).
(8) (Sprinkane in Farao se grondgebied, oppervlakte so bedek dat mens die land nie kon sien nie.  Alles wat oorgebly het van die haal, is deur sprinkane opgeeet.  Sprinkane in huise van al die Egiptenaars.  Geen groenigheid aan die bome of plante van die veld het in Egipteland oorgebly nie. Farao vra weer vir hulle om te bid, en die Here neem sprinkane weg sodat nie een oorbly nie).
(9) (3 dae duisternis oor die hele Egipteland.  Kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad).
(10) (Al die Eersgeborenes van die Egiptenaars sterwe, ook Farao se eersgeborene asook alle eersgeborenes van die vee.  Israeliete veilig.  Instelling Pasga.).      
- Die Paas- instelling en Uittog
(Sukkot, Etam, draai terug soos die Here beveel het, na tot voor Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon laer opgeslaan by die see. Farao met strydwaens en manskappe agter Israel aan - pad deur die Rooi See - Israel trek deur - Farao en sy hele leermag verdrink.  Israel sing tot eer van die Here.  

- Van Rooisee tot by Sinai berg
(Geleerdes weet nie presies waar die Here die pad deur die Rooi see gemaak het nie, alhoewel sekere argeoloe meer lig werp op die onderwerp vandag.  Vir baie jare was daar geraai oor die roete van die Israeliete en die presiese ligging van die Sinai berg).   

(Die Israeliete trek verder tot by Sur, drie dae lank en kry geen water.  Kom in Mara, maar die water van Mara was bitter.  Die Here beveel Moses om 'n stuk hout in die water te gooi en die water het soet geword.  Kom by Elim waar 12 waterfonteine en 70 palmbome was.  Van Elim na die woestyn Sin (tussen Elim en Sinai). 15 de v/d 2 de maand.  Israel murmureer teen Moses en Aaron dat hulle honger is - die heerlikheid van die Here verskyn in 'n wolk in die woestyn - God stuur vir kwartels vir vleis saans, en manna vir brood soggens.  Die volk het die Sabatte gehou.  'n Kruik met 'n gomer - tiende van 'n efa - van manna is voor die Here se aangesig geplaas as getuienis vir die die nageslagte. In al die 40 jaar in die woestyn, het die Here vir hulle manna gestuur. Van plek tot plek getrek in die woestyn Sin en laer opgeslaan by  Ráfidim.  Geen water - hulle murmureer teen Moses.  God beveel Moses om vooruit te gaan met van die oudstes, tot by berg Horeb- slaan op berg - water uit rots. Amalek trek teen die Israeliete op.  Moses stuur Josua met manskappe om te veg - Moses het op top van heuwel gaan staan met die staf van God in sy hand.  As Moses sy hand laat sak, Amalek die sterkste.  Lig hy sy hand, Israel die sterkste.  Aaron en Hur ondersteun Moses se hande en le klip onder hom neer sodat sy hande in die lug bly.  Israel wen.  Moses bou 'n altaar en die gebeurtenis word opgeskryf.  God belowe om die gedagtenis van Amalek onder die hemel uit te delg.  Jetro, priester van Midian, Moses se skoonvader, gaan besoek Moses en offer aan die Here.  Hy gee Moses raad om bekwame manne aan te stel wat hom kan help met regspraak onder die volk.  Jetro gaan terug huisstoe.  Kom in derde maand in Sinai aan.  Hulle slaan laer op by Sinai berg en Moses klim op berg om met die Here te praat.  Die Here gee vir die volk woord en God het in 'n dik wolk na Moses gekom sodat die volk kon hoor as Hy met hom praat.  Die volk word geheilig.  Op die derde dag het die Here voor die oe van die volk van die berg Sinai afgedaal.  Daar was 'n grens rondom die berg en elkeen wat die berg aanraak of oor die grens gaan, moes gedood word.  Op die derde dag was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebewe het.  Almal het gaan staan by die voet van die berg.  Die berg het gebewe en gerook omdat die Here in 'n vuur daarop neergedaal het.  Terwyl die basuin sterker word, het Moses met God gepraat en Hy het hom telkens HARDOP geantwoord. God roep Moses na die top van die berg en hy klim op.  God beveel ook vir Moses om vir Aaron te gaan haal, maar niemand anders mag op die berg geklim het nie, ook nie die priesters nie.  God gee vir hulle die 10 gebooie asook nog ander wette).
    Eks. 19:1 - 40:38
- 10 Gebooie en Verbond
(God het toegelaat dat Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel nader kom, maar nie heel opgaan nie - en hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Moses klim op om by die Here te vertoef en 'n wolk oordek die berg - God se heerlikheid was soos 'n verterende vuur in die oe van die Israeliete - Moses was in die wolk by die Here op die berg 40 dae en 40 nagte.  God gee vir Moses kliptafels wat Hy geskryf het met die wet en die gebooie. God beveel hulle om 'n tabernakel te bou en wys Moses presies hoe dit moet lyk.  Aaron en sy seuns word gekies as priesters.  God vul  Besáleël met die Gees van God en vul hom met wysheid, kennis, verstand en bekwaamheid vir allerhande werk en om kunstige planne uit te dink vir die bou van die tabernakel;  so ook vir Ohóliab).   
- Goue Kalf
(Toe Moses so lank vertoef op die berg terwyl die Here vir hom die opdragte gee asook die kliptafels met Sy vinger geskryf, het die volk ongeduldig geraak omdat hulle nie geweet het wat van Moses geword het nie.  Hulle bou 'n afgod, 'n goue kalf.  God raak so kwaad dat Hy die volk wou verteer en net vir Moses 'n groot nasie maak, maar Moses het Hom om genade gesmeek ter wille van die volk.  Toe Moses afklim en die kalf en hulle koordanse sien, het hy baie kwaad geword en die kliptafels stukkend gegooi. Die kalf is in die vuur verbrand, fyn gemaal en op die water gestrooi en hy het die kinders van Israel dit laat drink.  Moses het by die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel en Moses het die seuns van Levi beveel om die ander dood te maak - daardie dag het daar 3000 man geval.  Moses klim weer op na die Here om versoening te probeer doen vir die volk, maar die Here weier om saam met die volk te trek. God beveel Moses om twee kliptafels te kap - soos die eerstes - sodat God vir hom weer die gebooie en wette daarop kan skrywe.  God gee ook vir hom wette vir wanneer hulle in die beloofde land kom.  Toe Moses van die berg afklim met die twee kliptafels, die "tafels van Getuienis" , het sy gesig so geblink dat die Israeliete bang was om naby hom te kom.  Omdat sy gesig so geblink het, het Moses 'n sluier oor sy gesig getrek wanneer hy met die Israeliete praat, maar wanneer hy met die Here gaan praat, het hy die sluier verwyder.  
- Tabernakel
Die volk het toe die tabernakel gebou net soos die Here hulle opdrag gegee het en Moses het hulle geseen.  Toe die tabernakel voltooi is,  het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul.  En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel.


Kort opsommings: Boeke van die Bybel

Genesis:  http://sondagskoolmobile.blogspot.co.nz/2012/09/genesis.html
              http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/10/sleutelgebeure-in-genesis-vir.html

Eksodus:  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/11/sleutelgebeure-in-eksodus.html
             

Genesis


"Genesis"
 is die eerste boek in die Bybel en is sowat 4000 jaar gelede geskryf.  
Die boek het 2 hoofdele: 
 (1)  Die skepping van die hemel en die aarde, Adam en Eva, Kain en Abel, Noag en die vloed en die Toring van Babel - (Gen. 1-11). 
(2)  Abraham se geloof;  Jakob en sy 12 seuns; Josef in Egipte, en dit eindig waar Jakob en sy familie in Egipte gaan woon - (Gen. 12-50).


Interessante Feite:

DIE SKEPPING:  Alle mense kom van Adam en Eva.  (Naas die Bybel, is daar  heelwat verhale oor die skepping en oor hoe die aarde ontstaan het onder verskillende kulture en gelowe.  Wat interessant is, is dat die verhale dikwels ooreenstem. Heelwat ou dokumente is opgegrawe, selfs afskrifte van 1635 jaar v.C., waarin die skeppingsverhaal gevind is amper net soos die van Genesis).  

TUIN VAN EDEN: - die woord "Eden" beteken "genot" - die Septuagint lees "paradys".  Die Hebreeuse woord vir paradys, "pardace", word in Spreuke 4:13 en in Neh. 2:8 vertaal as "park" (of "orchard" en "forest" in KJV). Geleerdes spekuleer al jare oor die presiese plek van Eden. Niemand weet regtig presies waar dit was nie.  Die tuin was in die ooste van Eden met twee riviername welbekend, maar die ander twee nie.  Dit was difintief 'n groot distrik.  Ons moet aanneem dat die tuin verwoes is en die aardkors verander het.  (Deut. 29:29).

ADAM EN EVA:  Die woord Adam, beteken "grond" of "rooi sand".  In verskeie skrifte verwys die woord "Adam" na die mensdom (bv. Gen. 5:1,2; 6:5). Die mens is in God se beeld gemaak - die Hebreeuse woord "tselem", wat beteken "ooreenkoms" en in God se "gelykenis gemaak"/ "demuwth", wat beteken ooreenkoms van model, vorm - dit verwys na die uiterlike.

NOAG EN DIE VLOED: In die tyd van Noag, was daar ook reuse op die aarde (Gen. 6:4).  Daar is heelwat skrifte in die Bybel oor "reuse". Die skrif noem hulle die "geweldiges van die ou tyd, die manne van naam".  Ons lees ook van reuse in die beloofde land, Num. 13:33 en die verhaal van Dawid en Goliat.  

TORING VAN BABEL: Die toring van Babel (in ou Babilonie, Sinar, die koninkryk van Nimrod die jagter, Gen. 10:10), was bedoel vir afgodsaanbidding en 'n vb. van ernstige rebellie teen God.  Die woord "Babel" beteken "verwarring" - om die afvalliges te verwar en te keer dat hulle soos een nasie heeltemal afvallig raak, het God hulle tale verwar en hulle versprei oor die aarde.  In die tyd van Gen. 9-11, het al die mense op aarde nog dieselfde taal gepraat en op dieselfde plek gewoon.

Tydlyn:

SKEPPING
|
ADAM  +  EVA
(Sondeval / Weggestuur uit die tuin)
|
Kain               Abel   
Set
(Kain het vir Abel doodgemaak)
|
ENOS
KENAN
MAHALALEL
JERED
HENOG
METUSALAG
LAMEG
|
NOAG
(Sondvloed  /  Noag se Ark)
(God sluit 'n verbond met Noag)
|
GAM                    JAFET
SEM
(Toring van Babel iewers in tydlyn van Noag tot op Abram)
|
ARPAGSAD
SELAG
HEBER
PELEG
REHU
SERUG
NAHOR
TERA
|
ABRAM  (ABRAHAM)
(Die roeping van Abraham)(Abram verlaat Ur - sowat 1900 jaar v.C.)



 Die geskiedenis van Israel AS 'N NASIE, begin by Jakob (Abraham se kleinseun), deur die Here vernoem na "Israel". Ons lees aan die einde van die boek van Genesis dat Jakob en sy familie hulle gevestig het in Egipte.  Daar het hulle 400 jaar gebly en tot die volk van Israel gegroei.  Toe die Israeliete in getalle begin groei, het die Egiptenaars hulle as 'n bedreiging begin beskou.  Hulle het hul beheer verskerp en die Israeliete moes soos slawe werk en die Egiptenare het hulle pasgebore babas in die Nyl verdrink.  Uiteindelik het God vir Moses gestuur om hulle te verlos en uit die land te lei (-die verhaal van Eksodus). Gedurende hulle uittog uit Egipte na die beloofde land,  Kanaän, het hulle 40 jaar in die woestyn rondgeswerf, heelwat langer as wat dit hulle sou neem, weens ongehoorsaamheid aan die Here.  Hier het God vir hulle wette gegee asook die 10 Gebooie.  Ons lees van hierdie tydperk in die boeke van Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium.  Die verowering van die land Kanaän, word in die boek Josua beskryf (sowat 1200 jaar v.C.).  Josua was die leier toe die Israeliete die beloofde land binnegetrek het.  Die land is tussen die stamme verdeel. Die volk was nou versprei oor die land en omring deur vyandige bure.  Die Leviete, uit die stam van Levi, het nie hulle eie grond besit nie en moes deur die ander stamme onderhou word, omdat hulle verantwoordelik was vir die tempeldienste en die werk van die Here.  In Israel is 48 stede vir gebruik deur die Leviete opsygesit. Die ander stamme moes 'n tiende van al hul oeste en kuddes afstaan vir die Leviete.  Dit het soos 'n onbegonne taak gelyk om volle beheer oor die land te kry en die Israeliete het met tyd, uit die oog verloor, dat God eintlik die een is wat vir hulle veg.  Baie het ook begin afgode aanbid en die Here ongehoorsaam.   In die boek van Rigters lees ons meer oor die Israelitiese helde asook die treurige verhaal van afvalligheid onder die volk.  Die boeke van Samuel, Konings en Kronieke, vertel van die Israeliete se ontwikkeling as nasie met konings en profete.  Koning Dawid het Jerusalem sy hoofstad gemaak en wou vir God 'n tempel bou, maar moes tevrede wees om net die materiaal daarvoor te versamel.  Sy seun, Salomo, het uiteindelik die tempel gebou in Jerusalem.  Salomo was ryker as enige ander koning en sy wysheid was legendaries.  Sy regering was Israel se "goue eeu".  Hy het die hoofstad, Jerusalem, uitgebrei en heelwat ander pragtige geboue laat oprig asook die stadsmuur uitgebrei.  Salomo was heerser oor al die nasies van die Eufraat tot by Filistea en die Egiptiese grens.  Die stamme was egter nie almal so gelukkig nie, want daar was swaar belastings en dwangarbeid.  (1 Sam. 8 - 1 Kon. 11).  Toe Salomo se seun oorneem, het die 10 noordelike stamme in opstand gekom en die koninkryk is verdeel (sowat 900 jaar v.C.) - hulle het die "koninkryk van Israel" gestig met Jerobeam as koning - hy het vanuit sy hoofstad Sigem geregeer.  In die suide het Rehabeam (Salomo se seun) as koning regeer vanuit Jerusalem:  "die koninkryk van Juda" (dit was die stamme van Juda en Benjamin). Omdat die noordelike stamme afgesny was van Jerusalem, moes daar 'n aanbiddingsentrum gevind word - Jerobeam kies Dan en Bet-el daarvoor.  Ongelukkig het heidense praktyke gou deel geraak van hierdie aanbiddingsplekke. In 586 v.C. is Jerusalem ingeneem deur Nebukadnesar en die tempel deur sy soldate verwoes - die inwoners is in ballingskap weggevoer (die Babiloniese ballingskap). Die stadsmure is ook afgebreek en die tempelskatte is weggeneem.   Net die armes moes agterbly om die lande te bewerk (2 Kon. 25:1-21). Die einde van Israel as volkstaat, is deur heelwat profete voorspel en in die ballingskap vervul . In 538 v.C. het die eerste ballinge weer teruggekeer na Juda.  Hulle begin Jerusalem weer opbou en die tempel word herbou.  Ongeveer 520 v.C. is die tempel vervang.  Esra het die godsdiens herstel en Jerusalem in orde gekry. 5 Eeue later het Herodus die tempel op nog groter skaal as Salomo herbou. Koning Herodes was nie 'n Jood nie, maar was deur die Romeinse Senaat koning gemaak - deur sy mag en sy verbintenis met Rome en Jerusalem, het die stad gefloreer.( In 6 n.C. is hy deur die Romeine onttroon en Judea het 'n Romeinse provinsie geword).   In 70 n.C. is die (tweede) tempel deur die Romeine verwoes en Jesus se woorde vervul.   Op dieselfde terrein het die Moslems sowat 690 n.C. die "Koepel van die Rots" opgerig.      



Sunday, September 16, 2012

pasop vir Verbittering...



Wanneer ons "verbitterd" is, voel dit soos 'n:  "swaar las", ons voel selfs "ontevrede" en somtyds "kwaad".  
 Ons voel somtyds soos Job - (Job. 23:2) - "Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug".

Ons laat gevoelens maklik groei in ons - in plaas van na die Here toe gaan soos Hanna in 1 Sam. 1:10, laat ons toe dat  hierdie gevoelens ons denke oorneem en ons verander in mense wat heeltyd kla en ontevrede voorkom.  Dit was nie perongeluk dat Paulus hieroor geskryf het aan twee verskillende kerke nie, want ook in die eerste kerke het Christene met hierdie probleem gewroeg.  Ons val so maklik in 'n plek waar ons ONTEVREDE voel.  Natuurlik moet ons nie "hartseer" verwar met "verbittering" nie!, maar "hartseer" kan verander in "verbittering" as ons nie by die punt kom waar ons aanvaar en dit nie na die Here toe neem nie.  VERBITTERING is iets waarteen die Christen moet veg in sy/haar lewe.  Ons moet nie toelaat dat dit ons beheer nie.



Kort opsomming:
* Hoe raak mense verbitterd?
   -sonde kan mense verbitterd maak;
   - wanneer iemand nie God se wil wil aanvaar nie, dan kan hy verbitterd raak;
   - ontevredenheid kan mense verbitterd maak;
   - wanneer mense afgunstig en selfsugtig is;
   - wanneer hulle skuldig is en nie hulle fout wil erken nie.

* Hoe help ons ander wat verbitterd is:
  - lei hulle om God se wil te aanvaar;
  - herinner mekaar om in alles dankbaar en tevrede te wees;
  - wys diegene wat afgunstig (jaloers) en selfsugtig is, tereg;
    stop mekaar as ons kwaadpraat van ander;
  - Christene moet daagliks hulle sonde bely.


-Ef. 4:31  "Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid".
-Kol 3:19  "Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie".
-Heb 12:15  "en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie".


1. Dit is so dat "hartseer" of "neerslagtigheid" in verbitterdheid kan omsit (soos in die geval van Job), maar wanneer die Skrif praat van "verbitterd", beteken dit egter in meeste gevalle iets anders. 
2. Om "verbitterd" te wees, word  natuurlik nie in die Skrif as iets mooi beskryf nie!  
3.  Almal raak somtyds ongelukkig, soos Hanna en Dawid e.a., maar soos hulle, moet ons ook ons tot God rig en by Hom "kla". 
4.   Nog 'n geval wat in die Bybel vir ons geskets word, is  "SKULD", (soos in die geval van Esau) waar hy ontevrede en kwaad geraak het vir ander oor iets wat hy self veroorsaak het. 
5. 'n Ander vb. is:  "ONTEVREDENHEID", (soos Simon in Hand. 8:18-24) waar hy nie tevrede was met wat hy het nie en besittings en kragte meer begeer het as die Here. 
6.  En dan, die grote, waarvan ons heelwat skrifte kry in die konteks van verbittering:  "AFGUNS EN SELFSUG", (soos Diotrefes in 3 Joh. 1:10 of die ongelowige Jode in Hand. 4:2 ens.) waar mense afgunstig is op ander en die waarheid verdraai omdat hulle jaloers is asook kwaadpraat van die wat die geregtigheid liefhet. Laasgenoemde is ongelukkig baie prominent in die kerk vandag.  Die persoon wat "te na gekom" word deur diesulkes, word gewoonlik geklasifiseer as die een wat "verbitterd" is (terwyl dit eintlik andersom is!!!), en wanneer "die wat te na gekom" is, die probleem aanspreek (wat ander verstaan as "kla", word hulle eerder aangepraat omdat hulle "nie vergewe nie", of omdat hulle "oordeel".   INTEENDEEL MOET DAAR MEER TEREGWYSING WEES IN DIE KERK TEENOOR MENSE WAT AFGUNSTIG EN SELFSUGTIG IS.  

Waarom raak mense verbitterd?
1.      Gen 27:34  "Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met ‘n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my vader!"

Esau het ONTEVREDE gevoel en selfs kwaad!, al het hy self sy geboortereg vrywilliglik verkoop aan sy broer. (in v. 36 gee hy vir Jakob skuld) - so hy sou selfs die waarheid verdraai omdat hy ontevrede en kwaad was.  "Bitterheid" beïnvloed ons optrede.  Ook was dit heeltemal verkeerd van Esau om ontevrede te wees, en hierdie sonde het hom nie net verbitterd gemaak nie, maar ook veroorsaak dat hy die waarheid verdraai het.  

*  SONDE KAN MENS VERBITTERD MAAK - in hierdie geval  was Esau se ontevredenheid, 'n sonde.

2.      'n Sekere man, Simon, in Hand. 8:18-24 het ook toegelaat dat "bitterheid" sy lewe beheer.  Miskien was hy nie eens bewus van hoe verbitterd hy was nie - hy het gesien hoe Petrus en Johannes die hande op gelowiges lê sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang.  Simon  "wou ook hê" wat hulle het hulle geld aangebied om ook die gawe te kan ontvang om mense hande op te lê sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang.  Maar Petrus het Simon geantwoord: "Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.  Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.  Want ek sien dat jy in ‘n GAL VAN BITTERHEID en bande van ongeregtigheid is" - (Hand. 8:20-23). In v. 24 vra Simon dat hulle vir hom bid dat "niks van wat hulle gesê het, oor hom sal kom nie" - Simon is besorg oor die feit dat hy al sy geld kan verloor - terwyl hy sy eie hart moet ondersoek en vergifnis vra, is hy eerder besorg oor dit wat oor hom kan kom of wat hy kan verloor!  

*  MENSE WAT ALTYD MEER EN MEER WIL HÊ, IS ALTYD ONTEVREDE - HULLE HET "NOOIT GENOEG NIE" EN OMDAT HULLE SEKURITEIT LÊ IN DIT "WAT HULLE HET", IS HULLE MEER BESORG OOR WAT HULLE KAN VERLOOR. (Dit laat dink mens aan wat Jesus gesê het in Mat 6:19-21:-  "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees".  -Dit wil nie sê dat ons geen besittings mag hê nie, maar dat die besittings nie vir ons 'n "sekuriteit" moet raak nie.  Vir Simon het dit nie gegaan oor die Here en wat die Here wil doen nie, maar oor wat hy kan kry en hoe dit hom meer tevrede of suksesvol kon maak.  

* Ook in hierdie geval was Simon se ONTEVREDENHEID 'n sonde (ontevrede oor "wat hy nie het nie") - ontevredenheid lei tot verbittering.

Jak 3:14  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. 
Jas 3:15  Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; 
Jas 3:16  want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

Wanneer ons bogenoemde gedeelte in konteks lees, sien ons dat dit handel oor "die Tong", waarmee ons God die Vader loof, maar ook mense vervloek! Dan gaan hy verder deur te dit duidelik te stel dat dit nie so hoort nie.  Die oorsaak daarvan?  BITTERE AFGUNS en SELFSUG ! (v. 14) 

                                             M.a.w.:  Mens kan maklik sien wie "afgunstig" en "selfsugtig" is, want hulle kan nie hulle tong in toom hou nie deur kwaad te spreek van ander en ander te vervloek.

"Dit is nie die wysheid wat van bo kom nie...";  "want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade".  Min kerkleiers raak die belangrike onderwerpe aan  deesdae en vele Christene word onderdruk in die kerk omdat ander afgunstig en selfsugtig is. Mense wat afgunstig en jaloers is, asook selfsugtig, verdraai maklik die waarheid en roem selfs in hul verdraaide standpunte.  Diesulkes is NOOIT TEVREDE, raak BESWAARD en selfs KWAAD wanneer iemand die waarheid praat - geen wonder hy noem dit "bittere" afguns nie...

*  MENSE WAT SELFSUGTIG EN AFGUNSTIG IS OP ANDER,  RAAK VERBITTERD.
Ef. 4:31  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 


CHRISTENE MOET ANDER CHRISTENE TEREGWYS WAT AFGUNSTIG EN SELFSUGTIG IS SODAT "alle bitterheid en woede en.........verwyder kan word".  
Soortgelyke voorbeelde in die Bybel van GELOWIGES WAT ONTEVREDE IS MET ANDER GELOWIGES (en L.w., oor die waarheid!), is bv.:
* Diotrefes (3 Joh. 1:10) wat slegte woorde teenoor Paulus en die ander broers gespreek het en selfs die ander gelowiges probeer verhinder het om gasvry te wees teenoor die apostels.
* Hoofman van die tempel en die Saduseërs (Hand. 4:2) wat baie ontevrede was dat Petrus die volk leer.
...ens. ens. ens.
Is daar 'n geval waar ons ontevrede mag wees?
Ja, Christene moet bietjie ontevrede raak met die "suurdeeg wat die hele deeg suur maak"!  Dit is nie reg om te oordeel nie, m.a.w. kwaadspreek en fout soek nie, maar ons moet opstaan vir die waarheid en gelowiges wat in opsetlik aanhoudende sonde stap, teregwys (soos die Here van ons verwag, sodat hulle tot insig kan kom!) - Vir te lank stap baie Christene in ongeregtigheid omdat hulle nie tereggewys word nie en gelowiges nie die verskil ken tussen teregwysing en oordeel nie.Ander voorbeelde:  Hand. 16:18

Ons moet tevrede wees:

Heb 13:5  "...WEES TEVREDE MET WAT JULLE HET, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie". 
Hand. 21:14  Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied! 
-Die ander dissipels moes tevrede wees met Paulus se besluit om steeds op te gaan Jerusalem toe, al het hulle geweet hy daar gevange geneem sou word - hulle moes dus vir Paulus vertrou dat hy weet wat hy van God hoor en tevrede wees met DIE WIL VAN DIE HERE.
 Fil.  4:11  Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. 


Spr. 27:7  ‘n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ‘n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
- die een wat tevrede is met min en sy hoop sit in die Here, is ook tevrede met enige iets wat hy kry of wat die Here op sy pad stuur.

Die Christelike Doop



  In die eerste gemeentes het die dissipels na die Christelike doop verwys as die "doop in Christus Jesus". Die lering van die doop was deel van die basiese leerstellings in die eerste kerke, en ook saam met die evangelie gepreek. 

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
(Mat 28:19)  
---------------------------------------------------------------------------------

*  Die Christelike doop is 'n teken van "bekering" (in die sin van dat die persoon hom bekeer het van dooie werke) en "geloof" (in die sin van dat, net soos Jesus opgestaan het uit die dood, Hy ons ook laat opstaan in 'n nuwe lewe)("hy word begrawe saam met Jesus Christus deur die doop in die dood", sodat hy ook kan opstaan in 'n nuwe lewe) - en dit geld nie net vir enkelinge nie, maar ook waar die hele huisgesin glo, kan hulle as huisgesin gedoop word - Han. 16:14,15; 18:8 - daarom het die eerste gemeentes van hierdie doop gepraat as: "die doop in Christus Jesus" - met die uitvoer van die daad van die doop, word die persoon egter gedoop "in die Naam van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees"
 - deur die outoriteit en wil v/d Vader, Seun en Heilige Gees)(Rom. 6:4; Matt. 28:19)(Mark. 16:15,16).
 -------------------------------------------------------------
 As ons in Christus gedoop is, het ons ons met Christus beklee - dan WORD ons GESIEN AS DEEL VAN DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN IS DAN VOLGENS DIE BELOFTE, ERFGENAME! (Gal. 3:24-29)(EVANGELIE VAN VREDE)
 -------------------------------------------------------------
*
- Wat is die doel van die doop:
(1)  dit wys op vergewing van sondes (die Here Jesus Christus het mag om sondes te vergewe - Matt. 9:6; Mark. 2:10; Luk. 5:24)(Hand. 2:38; 22:16)(nadat iemand tot bekering gekom het, kan hy vergifnis van sondes ontvang deur Jesus Christus - die doop is 'n teken hiervan), en
(2) en (3): simboliseer die dood en opstanding soos Christus gesterf het, word ons begrawe saam met Hom in Sy dood (wil nie meer die sonde dien nie), en soos Christus opgestaan het uit die dood, staan ons op in 'n nuwe lewe (wil Hom dien)(geloof) (nuwe lewe verwys nie net na die Christen nou op die pad van godsaligheid nie, maar ook na hoe die Here Jesus Christus ons in die laaste dag gaan opwek, en ons die opstanding tot die lewe gaan gee). (1 Kor. 15:25-29; Kol. 2:11,12) 
(3a)  dit wys op die "opstanding tot lewe" (die ewige lewe wat Hy vir Sy kinders belowe het; verheerlikte liggame, om in te gaan in Sy fisiese koninkryk en vir altyd by Hom te wees - die doop is 'n teken hiervan) (Rom. 6:1-23) 
(3b)  dit wys op 'n nuwe lewe, afgesonder vir die Here en nie meer diensbaar aan die sonde nie, maar diensbaar aan die Here (heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe; pad van godsaligheid; vrug dra; wil van die Here soek/doen; geestelike groei... )
 -------------------------------------------------------------
*  As ons sou reken dat die doop in Christus Jesus nie 'n voorwaarde is om gered te word nie, en daarom nie nodig om gedoen te word nie, is ons verkeerd, want gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus is deel van bekering en geloof!  Christus self het ons die opdrag gegee! (Mark. 16:15)  Die leer van die doop was altyd deel van die basiese  "prediking aangaande Christus", die fondament wat gele is in die eerste gemeentes: (wat behels het: bekering uit dooie werke,   geloof in God, die leer van die doop , handoplegging en van  die opstanding van die dode,  en van die  ewige oordeel (Hebr. 6:1,2))(Luk. 8:12; Hand. 15:11; 16:31; Rom. 10:9...)
 -------------------------------------------------------------
Wat is die verskil tussen DIE DOOP VAN JOHANNES, en DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS?
- DIE DOOP VAN JOHANNES, WAS SPESIFIEK "'N DOOP VAN BEKERING" - HET GEWYS OP "VERGIFNIS VAN SONDES".   Om 'n kind van die koninkryk te word, moet iemand ten eerste BEKEERD wees.  Die doop van Johannes was 'n bewys van hierdie bekering. (DEEL VAN DIE EVANGELIE V/D KONINKRYK)(Luk 3:3)  En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekeringtot vergifnis van sondes verkondig; (Matt. 3:2; 4:17)(Luk. 3:8,9; Matt. 3:7-12)(Mark. 1:4; 3:3; Hand. 13:24)   Om 'n kind van die koninkryk te wees, gaan nie oor  wie jou familie is nie, of aan watter kerk jy behoort nie - soos in bg. geval, het die feit dat hulle "kinders van Abraham" is, hulle nie outomaties kinders van die koninkryk gemaak nie (alhoewel hulle so gedink het!).  (Mat 8:11)  Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. (Mat 8:12)  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Die voorwaarde was/is egter:  BEKERING, maar om die opstanding tot lewe te kry, moet jy GLO in die een wat "die opstanding tot lewe gee aan wie Hy wil".  Geen vlees en bloed kan in die koninkryk van God ingaan nie, en net die wat die ewige lewe ontvang (die opstanding tot lewe), sal in die Here se koninkryk kan ingaan.  Die Christelike doop verwys nie net na bekering nie (en vergewing van sondes nie), maar ook GELOOF in die Here Jesus Christus as die enigste Saligmaker (die Een wat sondes vergewe, die Een wat ons laat opstaan in 'n nuwe lewe en eendag die opstanding tot lewe gaan gee). 
DAAROM:
DIE CHRISTELIKE DOOP   VERWYS NIE NET NA VERGIFNIS VAN SONDES NIE (wat bekering nodig het), MAAR OOK NA GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS: DAT HY DIE ENIGSTE SALIGMAKER IS, en DIE EEN WAT ONS DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE GEE; HY IS DIE EEN WAT VIR ONS SONDE GESTERF HET - ONS VERGIFNIS VAN SONDES GEE; HY IS DIE EEN WAT ONS DIE HEILIGE GEES GEE -  M.A.W. DIE CHRISTELIKE DOOP IS 'N BEWYS VAN ONS BEKERING, ASOOK ONS GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS. Almal wat hulle met Christus beklee, is deel van die kinders van Abraham, en erfgename.  (VERWYS NA EVANGELIE V/D KONINKRYK en EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS en EVANGELIE VAN VREDE)(rol af na punt 3)

Dit is dan daarom waarom ons skrifte lees van dissipels wat oorgedoop is in die Naam van Jesus, nadat hulle alreeds gedoop was deur Johannes die Doper. (Hand. 19:3-5; 18:24-26)DIE DOOP IN JESUS, SIMBOLISEER HOE DIE GELOWIGE SAAM MET JESUS STERF IN SY DOOD (STERF VIR DIE SONDE), EN IN 'N NUWE LEWE IN HOM OPSTAAN.  Die doop van Johannes het nie hierdie gedeelte gesimboliseer nie.   Die gelowige wat homself laat doop in die doop van Jesus, verklaar dus dat hy wil dood wees vir die sonde en wil lewe vir die Here;  -dat hy dus "gesterf het vir die sonde", maar lewendig geword het vir die Here, om Hom te dien en Hom gehoorsaam te wees. 
 -------------------------------------------------------------

*  Kerke verskil oor die manier van doop (sommige besprinkel, ander onderdompel).  Vir ons Afrikaanse woord "doop", is daar verskillende woorde in die Hebreeus en Grieks, want daar is 7 verskillende soorte "doop" in die Skrif.  Dit sou beteken dat nie oral waar ons lees van "doop", dit verwys na die Christelike doop nie, asook dat die betekenis van die woord verskil in verskillende skrifte.  Die woord wat vir Christelike doop gebruik word (wat ook slegs Nuwe Testamenties is), is die woord "bap-tid-zo" in die Grieks, wat beteken "to make whelmed (fully wet), baptize, wash" -  die manier hoe die eerste gemeentes dan ook gedoop het, was 'n manier waar hulle "baie water" nodig gehad het - Joh. 3:23. Baie kerke voel dat die belangrikheid van "hoe" die doop plaasvind, nie so belangrik is soos "dat dit plaasvind" nie. (rol af na punt 5)

==================================================
 IS DOOP 'N VOORVEREISTE OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG ?

- VOLGENS HAND. 8:15-17, WAS HIERDIE GELOWIGES ALREEDS GEDOOP IN DIE NAAM VAN DIE HERE, TOG HET HULLE NOG NIE DIE HEILIGE GEES ONTVANG NIE.

- VOLGENS HAND. 10:47,48, HET HIERDIE GELOWIGES DIE HEILIGE GEES ONTVANG NOG VOOR HULLE GEDOOP IS IN DIE NAAM VAN DIE HERE.

- VOLGENS HAND. 2:38,  SAL HULLE DIE HEILIGE GEES ONTVANG, AS HULLE HUL BEKEER, EN HULLE LAAT DOOP.

-Die Christelike Doop is nie 'n voorvereiste om die Heilige Gees te onvang nie  (maar gehoorsaamheid is wel!) 
-Dit beteken ook nie dat iemand outomaties die Heilige Gees gaan ontvang wanneer hy gedoop is nie!  - Hand. 8:15-17; 10:47,48 
-In sommige gevalle ontvang iemand onmiddellik die Heilige Gees nadat hy gedoop is. 

---------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html