Sunday, September 16, 2012

Die Christelike Doop



  In die eerste gemeentes het die dissipels na die Christelike doop verwys as die "doop in Christus Jesus". Die lering van die doop was deel van die basiese leerstellings in die eerste kerke, en ook saam met die evangelie gepreek. 

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
(Mat 28:19)  
---------------------------------------------------------------------------------

*  Die Christelike doop is 'n teken van "bekering" (in die sin van dat die persoon hom bekeer het van dooie werke) en "geloof" (in die sin van dat, net soos Jesus opgestaan het uit die dood, Hy ons ook laat opstaan in 'n nuwe lewe)("hy word begrawe saam met Jesus Christus deur die doop in die dood", sodat hy ook kan opstaan in 'n nuwe lewe) - en dit geld nie net vir enkelinge nie, maar ook waar die hele huisgesin glo, kan hulle as huisgesin gedoop word - Han. 16:14,15; 18:8 - daarom het die eerste gemeentes van hierdie doop gepraat as: "die doop in Christus Jesus" - met die uitvoer van die daad van die doop, word die persoon egter gedoop "in die Naam van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees"
 - deur die outoriteit en wil v/d Vader, Seun en Heilige Gees)(Rom. 6:4; Matt. 28:19)(Mark. 16:15,16).
 -------------------------------------------------------------
 As ons in Christus gedoop is, het ons ons met Christus beklee - dan WORD ons GESIEN AS DEEL VAN DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN IS DAN VOLGENS DIE BELOFTE, ERFGENAME! (Gal. 3:24-29)(EVANGELIE VAN VREDE)
 -------------------------------------------------------------
*
- Wat is die doel van die doop:
(1)  dit wys op vergewing van sondes (die Here Jesus Christus het mag om sondes te vergewe - Matt. 9:6; Mark. 2:10; Luk. 5:24)(Hand. 2:38; 22:16)(nadat iemand tot bekering gekom het, kan hy vergifnis van sondes ontvang deur Jesus Christus - die doop is 'n teken hiervan), en
(2) en (3): simboliseer die dood en opstanding soos Christus gesterf het, word ons begrawe saam met Hom in Sy dood (wil nie meer die sonde dien nie), en soos Christus opgestaan het uit die dood, staan ons op in 'n nuwe lewe (wil Hom dien)(geloof) (nuwe lewe verwys nie net na die Christen nou op die pad van godsaligheid nie, maar ook na hoe die Here Jesus Christus ons in die laaste dag gaan opwek, en ons die opstanding tot die lewe gaan gee). (1 Kor. 15:25-29; Kol. 2:11,12) 
(3a)  dit wys op die "opstanding tot lewe" (die ewige lewe wat Hy vir Sy kinders belowe het; verheerlikte liggame, om in te gaan in Sy fisiese koninkryk en vir altyd by Hom te wees - die doop is 'n teken hiervan) (Rom. 6:1-23) 
(3b)  dit wys op 'n nuwe lewe, afgesonder vir die Here en nie meer diensbaar aan die sonde nie, maar diensbaar aan die Here (heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe; pad van godsaligheid; vrug dra; wil van die Here soek/doen; geestelike groei... )
 -------------------------------------------------------------
*  As ons sou reken dat die doop in Christus Jesus nie 'n voorwaarde is om gered te word nie, en daarom nie nodig om gedoen te word nie, is ons verkeerd, want gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus is deel van bekering en geloof!  Christus self het ons die opdrag gegee! (Mark. 16:15)  Die leer van die doop was altyd deel van die basiese  "prediking aangaande Christus", die fondament wat gele is in die eerste gemeentes: (wat behels het: bekering uit dooie werke,   geloof in God, die leer van die doop , handoplegging en van  die opstanding van die dode,  en van die  ewige oordeel (Hebr. 6:1,2))(Luk. 8:12; Hand. 15:11; 16:31; Rom. 10:9...)
 -------------------------------------------------------------
Wat is die verskil tussen DIE DOOP VAN JOHANNES, en DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS?
- DIE DOOP VAN JOHANNES, WAS SPESIFIEK "'N DOOP VAN BEKERING" - HET GEWYS OP "VERGIFNIS VAN SONDES".   Om 'n kind van die koninkryk te word, moet iemand ten eerste BEKEERD wees.  Die doop van Johannes was 'n bewys van hierdie bekering. (DEEL VAN DIE EVANGELIE V/D KONINKRYK)(Luk 3:3)  En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekeringtot vergifnis van sondes verkondig; (Matt. 3:2; 4:17)(Luk. 3:8,9; Matt. 3:7-12)(Mark. 1:4; 3:3; Hand. 13:24)   Om 'n kind van die koninkryk te wees, gaan nie oor  wie jou familie is nie, of aan watter kerk jy behoort nie - soos in bg. geval, het die feit dat hulle "kinders van Abraham" is, hulle nie outomaties kinders van die koninkryk gemaak nie (alhoewel hulle so gedink het!).  (Mat 8:11)  Maar Ek sĂȘ vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. (Mat 8:12)  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Die voorwaarde was/is egter:  BEKERING, maar om die opstanding tot lewe te kry, moet jy GLO in die een wat "die opstanding tot lewe gee aan wie Hy wil".  Geen vlees en bloed kan in die koninkryk van God ingaan nie, en net die wat die ewige lewe ontvang (die opstanding tot lewe), sal in die Here se koninkryk kan ingaan.  Die Christelike doop verwys nie net na bekering nie (en vergewing van sondes nie), maar ook GELOOF in die Here Jesus Christus as die enigste Saligmaker (die Een wat sondes vergewe, die Een wat ons laat opstaan in 'n nuwe lewe en eendag die opstanding tot lewe gaan gee). 
DAAROM:
DIE CHRISTELIKE DOOP   VERWYS NIE NET NA VERGIFNIS VAN SONDES NIE (wat bekering nodig het), MAAR OOK NA GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS: DAT HY DIE ENIGSTE SALIGMAKER IS, en DIE EEN WAT ONS DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE GEE; HY IS DIE EEN WAT VIR ONS SONDE GESTERF HET - ONS VERGIFNIS VAN SONDES GEE; HY IS DIE EEN WAT ONS DIE HEILIGE GEES GEE -  M.A.W. DIE CHRISTELIKE DOOP IS 'N BEWYS VAN ONS BEKERING, ASOOK ONS GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS. Almal wat hulle met Christus beklee, is deel van die kinders van Abraham, en erfgename.  (VERWYS NA EVANGELIE V/D KONINKRYK en EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS en EVANGELIE VAN VREDE)(rol af na punt 3)

Dit is dan daarom waarom ons skrifte lees van dissipels wat oorgedoop is in die Naam van Jesus, nadat hulle alreeds gedoop was deur Johannes die Doper. (Hand. 19:3-5; 18:24-26)DIE DOOP IN JESUS, SIMBOLISEER HOE DIE GELOWIGE SAAM MET JESUS STERF IN SY DOOD (STERF VIR DIE SONDE), EN IN 'N NUWE LEWE IN HOM OPSTAAN.  Die doop van Johannes het nie hierdie gedeelte gesimboliseer nie.   Die gelowige wat homself laat doop in die doop van Jesus, verklaar dus dat hy wil dood wees vir die sonde en wil lewe vir die Here;  -dat hy dus "gesterf het vir die sonde", maar lewendig geword het vir die Here, om Hom te dien en Hom gehoorsaam te wees. 
 -------------------------------------------------------------

*  Kerke verskil oor die manier van doop (sommige besprinkel, ander onderdompel).  Vir ons Afrikaanse woord "doop", is daar verskillende woorde in die Hebreeus en Grieks, want daar is 7 verskillende soorte "doop" in die Skrif.  Dit sou beteken dat nie oral waar ons lees van "doop", dit verwys na die Christelike doop nie, asook dat die betekenis van die woord verskil in verskillende skrifte.  Die woord wat vir Christelike doop gebruik word (wat ook slegs Nuwe Testamenties is), is die woord "bap-tid-zo" in die Grieks, wat beteken "to make whelmed (fully wet), baptize, wash" -  die manier hoe die eerste gemeentes dan ook gedoop het, was 'n manier waar hulle "baie water" nodig gehad het - Joh. 3:23. Baie kerke voel dat die belangrikheid van "hoe" die doop plaasvind, nie so belangrik is soos "dat dit plaasvind" nie. (rol af na punt 5)

==================================================
 IS DOOP 'N VOORVEREISTE OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG ?

- VOLGENS HAND. 8:15-17, WAS HIERDIE GELOWIGES ALREEDS GEDOOP IN DIE NAAM VAN DIE HERE, TOG HET HULLE NOG NIE DIE HEILIGE GEES ONTVANG NIE.

- VOLGENS HAND. 10:47,48, HET HIERDIE GELOWIGES DIE HEILIGE GEES ONTVANG NOG VOOR HULLE GEDOOP IS IN DIE NAAM VAN DIE HERE.

- VOLGENS HAND. 2:38,  SAL HULLE DIE HEILIGE GEES ONTVANG, AS HULLE HUL BEKEER, EN HULLE LAAT DOOP.

-Die Christelike Doop is nie 'n voorvereiste om die Heilige Gees te onvang nie  (maar gehoorsaamheid is wel!) 
-Dit beteken ook nie dat iemand outomaties die Heilige Gees gaan ontvang wanneer hy gedoop is nie!  - Hand. 8:15-17; 10:47,48 
-In sommige gevalle ontvang iemand onmiddellik die Heilige Gees nadat hy gedoop is. 

---------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html

No comments: