Friday, September 7, 2012

Engele

Engele



Die toekomstige wêreld is aan die gelowiges belowe.  Die gelowiges wat deel het aan die eerste opstanding, sal dan nie meer trou nie, ook nie meer sterwe nie en sal soos "engele wees en kinders van God". 
Dat ons soos engele gaan wees, beteken nie ons sal engele wees nie, maar "kinders van God", soos die engele is. 
Die woord "engel" beteken "boodskapper". (Heb 1:7 - "En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme") - 
 Engele se doel is om God te dien en om mense te help wanneer God hulle daarvoor stuur.  Ons sien menige voorbeelde in die Bybel van engele wat gestuur is om boodskappe van die Here oor te dra aan mense. (Gen. 19:1;  Gen. 32:1;  Matt. 13:49;  Ps. 91:11 ens.) Kyk bv. hoe hulle vir Jesus versorg het in die woestyn na Sy 40 dae vas (Matt. 4:11). 

Sekere mense raak betrokke by die aanbidding van engele - die Christen moet niks daarmee te doen hê nie, want ons moet die Here alleen aanbid (nie die wesens wat deur Hom geskep is nie).   Die engele van God mag ook nie toelaat dat mense hulle aanbid nie -( Openb. 22:8,9) 

No comments: