Sunday, September 16, 2012

Gebed

Die skrif se ons moet "Bid sonder ophou" (1 Thess. 5:17).  Nie alle Christene maak vandag tyd vir daaglikse gebed nie - dit is baie gevaarlik, want dit is een van die dinge hoekom vele nie die koninkryk van God sal ingaan nie, omdat hulle "meer besig is met die lewe, as met die Here".

Hier is 'n paar vrae om oor na te dink:
-Bid Christene genoeg wanneer hulle saamkom? (soos die eerste gemeentes gedoen het?)
-Jesus het die volgende stelling gemaak in Matt. 17:21- "Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie" (sekere vertalings laat die woord "vas" weg). Is dit miskien hoekom soveel Christene kragteloos voel - omdat hulle nie genoeg bid en vas nie?
-Word Christene enigsins nog geleer oor "gebed" en "vas"?
-Watter voorbeeld het Jesus gestel oor gebed?
-Hoeveel tyd spandeer jy daagliks met die Here (in gebed)?
-Fil. 4:6- "Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God"  - hoekom is mense se gedagtes meer op wereldse dinge as op die Here? (mense raak meer besorg oor die lewe, wanneer hulle nie tyd met God spandeer nie en alles aan Hom opdra nie).
--------------------------------------------------------------
HOEKOM WORD GEBED NIE ALTYD BEANTWOORD NIE?

*  Bid volgens God se wil (Gen. 17:18) - NIE MY EIE BEGEERTES NIE


Christene maak maklik die fout om te dink dat gebed gaan oor "wat ek wil hê" - GEDAGTES speel 'n belangrike rol en wanneer ons nie ons gedagtes op die Here rig en SY WIL soek nie, dan bid ons volgens ons wil.

Baie mense dink gebed is 'n manier waarop hulle God kan manupileer om te kry wat hulle wil he - so iemand se HART IS VERKEERD voor die Here - deur gebed moet jy juis NA DIE HERE SE WIL SOEK!


*  God antwoord gewoonlik nie die gebed van iemand wat in sonde stap nie (Deut. 3:23-26);
    of a.g.v. ongeloof nie (Matt. 17:20; 21:22)

Christene moet daagliks hulle sonde bely en seker maak dat hulle nie in aanhoudende sonde stap nie.  Christene moet LUISTER wanneer die Heilige Gees hulle oortuig van sonde in hulle lewens.
---------------------------------------------------------------


HOE MEER TYD ONS MET DIE HERE SPANDEER, HOE MEER BEKEND RAAK ONS MET SY WIL. Die Here vir ons baie beloftes in die Skrif, maar ook met VOORWAARDES.  Ons kan vra net wat ons wil he, en ons sal dit verkry (d.w.s., AS ONS DIE VOORWAARDES NAKOM!)(1 Thes. 5:17 - Bid sonder ophou!) (Open. 2:4  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het...)


Jak. 4:3  "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring".
1Joh. 3:22 " en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.


Kort Opsomming:
"Waarvoor om te vra in gebed":

* vra in gebed waarvoor ek moet bid (Job 37:19)
* dat God ons Sy paaie sal leer en in Sy waarheid en Sy weg (Ps. 25:4,5; 27:11; 86:11)
* bid wanneer jy ly (Jak. 5:13)
* geestelike reën (Sag. 10:1)
* vir kennis (Ps. 119:66)
* vir hulp (2 Kron. 20:4)
* vir goeie dinge (Matt. 7:7-11)
* vir wat ons nodig het (Matt. 6:8)
* vir wysheid (Jak. 1:5-8)
* vir lewe (1 Joh. 5:16)
* om my tong in toom te hou (Job 6:24)
ens......

Kort Opsomming:
"Hoe moet ons bid":
* in die Gees (Ef. 6:18)
* wees spesifiek (1 Sam. 1:28)
* met danksegging (Kol. 4:2) 
* volhard in die gebed (Kol. 4:2)
ens......

-Moenie bid net om deur mense gesien te word nie (Matt. 6:5) 
-Mat 6:7 " En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word". 
 -"bid vir die wat julle beledig en julle vervolg" (Matt. 5:44) 
-Spandeer alleen gebed tyd met die Here (Matt. 6:6)(Matt. 14:23 - Jesus het vir ons die voorbeeld gestel - kyk hoeveel tyd hy spandeer het in gebed!)(Matt. 26:36,41)
-Bid vir mekaar (Matt. 19:13)(2 Kor. 10:1)(2 Kor. 13:19)(Fil. 1:4)(Jak. 5:16)(Hand. 12:5)...
-Bid vir die leiers (Kol.4:3)(2 Thess. 3:1)(Hebr. 13:18)
-Bid vir vergifnis van sondes (Hand. 8:22)
-Bid by elke moontlike geleentheid saam (Ef. 6:18)(1 Tim. 2:8)
-Bid vir die nodige gawes (1 Kor. 14:13)
-Ouderlinge moet vir die bid wat siek is (Jak. 5:14)
-Bid vir mekaar vir goeie dinge: dat hulle nie moedeloos word nie (Ef. 3:13) ens.; (Ef. 6:18)
-Bid vir ander (1 Joh. 5:16)


Ef. 6:18  "terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges". 

Waarvoor moet ons vir ander medegelowiges bid?
-Vir versoening met God (2 Kor. 5:20)
-Vir medegelowiges dat hulle nie kwaad mag doen nie, maar goed (2 Kor. 13:7)
-Vir ander gelowiges se "volmaking" in Jesus Christus  (2 Kor. 13:9) en voleinding van hulle geloof (1 Thess. 3:10)
-Bid MET BLYDSKAP vir ander (Fil. 1:4)
-Dat hull liefde oorvloedig sal in kennis en alle ervaring (Fil. 1:9)
-Dank God vir hulle (Kol 1:3)
-Vir kennis in God se wil in alle wysheid en geestelike insig (Kol.1:9)
-Vir insig vir die wat die woord verkondig dat God vir hulle die woord sal "open" (Kol. 4:3)

Nog iets om oor na te dink:
-WAAROOR GAAN KERK?
Matt. 21:13  "En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak". 



No comments: