Monday, September 3, 2012

Mag 'n Christen wens dat die wederkoms vinniger nader kom?


 " En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het".  (2Pe 3:15)

Volgens die skrif,
 MOET ONS NIE MOEDELOOS RAAK NIE
 en GEDULDIG WAG OP DIE HERE.

Jesus het bv. die verhaal vertel van die "onregverdige regter" in Luk. 18:2-8, waarin Hy ons bemoedig om aan te hou bid en nie moedeloos te raak nie. Hy eindig die gelykenis af, deur te vra:  (Luk 18:8)  :Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?"  (So sit en wag baie Christene op hulle "uitkoms" met die wederkoms, en as dit nie gou genoeg kom nie, dan raak hulle moedeloos en laat die belangrike dinge van die geloof na).  

(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

Die Christen mag verlang na daardie dag, maar moet liewer, net soos die Here, self ook geduldig wees en begeer  dat niemand verlore gaan nie.  

Die Christen moet ook pasop dat hy nie soos Jona word nie (- Jona was ongehoorsaam en wou nie die mense van Ninevé tot bekering gaan roep nie, omdat hy gedink het hulle verdien nie om gered te word nie!).  So moet ons ook nie so tevrede wees dat onsself gered is (en so uitsien na ons verlossing met Sy wederkoms), dat ons nie omgee of enige iemand anders gereed is nie! 


Daar is heelwat "tekens van die tye" wat 'n aanduiding gee dat "die tyd naby is". Ons moet egter nie so behep raak met die tekens van die tye, dat ons passief raak in ons Christenskap nie!  Die bedoeling van om die "tekens van die tye" te kan onderskei, was nie sodat ons net sit en wag op Sy wederkoms nie!; ja, dan weet ons ons verlossing is naby,  maar die rede is ook  om kans te gee sodat Christene seker maak hulle dra die nodige godsvrug,  om seker te maak dat hulle GEREED is, sodat Hy hulle nie "soos'n dief in die nag", betrap nie.

-Om te weet dat die tyd naby is, beteken nie dat iemand "gereed is nie".  
-Om vir ander te vertel dat die tyd naby is, beteken ook nie dat ons mense op so 'n manier  "gereed maak" nie. (Dit is soos om 'n hond lus te maak vir 'n been, maar dit word  nie vir hom gegee nie! Sal hy dan nie later net moed opgee nie?!) So is daar baie waarskuwings deur vele gelowiges van hoe "naby die tyd is", maar daar word nie veel aandag gegee aan "om mense regtig gereed te kry nie".
HOE HELP ONS ANDER OM GEREED TE RAAK:
*  "vermaan hulle tot bekering",
*  "evangeliseer",
*  "leer hulle om die godsaligheid na te jaag sodat hulle die nodige godsvrug kan dra",
*  leer hulle die belangrikheid van "persoonlike gebedstyd met die Here",
*  leer hulle om "die wil van die Here daagliks in hulle lewens te soek",
*  leer hulle om "Hom as eerste Liefde te ken"'
*  leer hulle om die Here te vrees....ens.  


(2Th 2:1)  "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,
(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.
(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf..."



No comments: