Monday, September 3, 2012

Na wie verwys die "skape" en die "bokke"?

Na wie verwys die "skape" en die "bokke"?

"EN WANNEER DIE SEUN VAN DIE MENS IN SY HEERLIKHEID KOM EN AL DIE HEILIGE ENGELE SAAM MET HOM, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, EN HY SAL HULLE VAN MEKAAR AFSKEI, soos die herder die skape van die bokke afskei;  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit" (Mat 25:31-33). 

Die skape, verwys na die geregtiges,
en die bokke, verwys na die goddeloses.                        


Jesus se woorde aan die skape:
 " Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.................Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.............. "
(Mat 25:46b -die regverdiges sal weggaan in die ewige lewe).

Sy woorde aan die bokke:
"Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie..................Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie".
(Mat 25:46a  - die goddeloses sal weggaan in die ewige straf").


Die skrif oor die "skape en die bokke", word baiemaal uit konteks geneem en verkeerd verstaan asof "goeie werke" vir iemand die ewige lewe kan besorg.  Wanneer ons Matt. 25 in konteks lees, sal ons merk dat Jesus spesifiek oor "die vrug" van die Christen gepraat het.  Om nood raak te sien en iemand by te staan in hulle nood, is deel van die Christen se vrug.   ('n Ongelowige kan voorkom of hy dieselfde vrug dra wanneer hy "goed doen" aan ander, maar die verskil tussen die "geregtige" en die "goddelose", is die feit dat die geregtige die WIL VAN DIE VADER DOEN, en die goddelose nie).  Om Jesus Christus as jou Saligmaker aan te neem, is bv. die wil van die Vader, en ook al manier hoe enige iemand toegang tot die Vader het - dus is bekering en wedergeboorte die Vader se wil.  As iemand nie die Vader se wil doen nie, dan sal hulle nie onder die "skape" getel word nie, al het hulle ook hoeveel "goeie dinge" in hulle lewens gedoen.  


 -(Joh 15:5) " Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".

-(Mat 12:50)  "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder".

--(Mat 7:21)  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar HY WAT DIE WIL DOEN VAN MY VADER WAT IN DIE HEMELE IS".

-(1Jn 2:15-17)  "Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, MAAR HY WAT DIE WIL VAN GOD DOEN, bly vir ewig".


Om die aarde te beërwe, oor Sy besittings aangestel te word, die koninkryk te beërwe....., is  definitiewe beloftes vir die wat regverdig is - dit is egter net die wat "bereid is om hulle lewens te verloor", wat hierdie beloftes deelagtig sal raak, bv. deur jou lewe fisies te verloor ter wille van jou geloof, of in terme van besittings en rykdom, of in terme van "gee",  om jou wil op te gee ens.   Jesus het baie oor hierdie dinge gepraat.  Die wat vashou aan die lewe, besittings, rykdom..., sal hulle "lewe verloor", maar die wat bereid is om dit op te gee, sal dit wen. Die Here moet belangriker wees as die lewe of die dinge van die lewe. 

* Die eerste kerke het alles met mekaar gedeel en selfs ekstra bates verkoop en die geld vir die armes gegee.  Jesus het hierdie dinge vir hulle geleer: "Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie"- (Luk. 12:15). 
Hy't ook vir hulle geleer dat, om "uit oorvloed" te gee, anders is as om te gee "wat jy het"  -
 (Mar 12:41-44: " En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.  En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ‘n oortjie.  Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.  Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud").
Die lewe moenie gaan oor "bymekaarmaak" nie, maar oor "gee".

* Die man vir wie dit bv. nie gaan oor rykdom nie, sal sy ekstra uitdeel aan die wat nood het. 
* Die man wat nie ingestel is op genietinge van die lewe nie, het meer tyd vir ander mense. 
Dit gaan dus NIE oor 
"om te kyk hoeveel 'goed' jy kan doen nie", maar is eerder 'n keuse waar die begeerlikhede van die lewe nie so belangrik is soos die Here se wil nie. 

 (Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
(Luk 12:16)  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.
(Luk 12:17)  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
(Luk 12:18)  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
(Luk 12:19)  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
(Luk 12:20)  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
(Luk 12:21)  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

  
(Mat 10:38)  "En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
(Mat 10:40)  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
(Mat 10:41)  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
(Mat 10:42)  En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker kou water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie".

(Mat 16:25)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
(Mat 16:26)  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
(Mat 16:27)  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

(Joh 12:25)  "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe".
(1Jn 2:17 - "En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig").




No comments: