Monday, September 3, 2012

"Soos 'n dief in die nag"

Wat beteken dit dat die wederkoms sal wees soos 'n dief in nag?
(1Th 5:1)  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
(1Th 5:2)  WANT JULLE WEET SELF BAIE GOED DAT DIE DAG VAN DIE HERE KOM NET SOOS 'N DIEF IN DIE NAG.
(1Th 5:3)  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
(1Th 5:4)  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6)  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.


-  Volgens die skrif weet niemand die dag en uur waarop die Here sal kom nie, maar gelowiges WAT GEREED IS, hoef nie die dag en die uur te weet nie, want die dag sal net skielik en onverwags wees vir die wat nie gereed is nie.  

DUS:   "OMDAT IEMAND GEREED IS, sal dit hom nie onkant vang nie", NIE omdat hy die dag en uur ken nie!

 - v. 6: " Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees". Alle gelowiges sal nie gereed wees nie. Dit is duidelik dat die rede vir die skrywe nie net was om gemoedsrus te gee vir die wat wel gereed is nie, maar ook om die TE VERMAAN DIE WAT NIE GEREED IS NIE.  Dit klop met heelwat ander skrifte, o.a. Mat 24:44 en Luk 12:40.

(Mat 24:36 - "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen"


(2Pe 3:10,11)  "Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, HOEDANIG MOET JULLE NIE WEES IN HEILIGE WANDEL EN GODSVRUG nie?"






No comments: