Friday, September 7, 2012

Was gooistene in die Bybelse tyd gebruik?

Was gooistene in die Bybelse tyd gebruik?


Verskeie speletjies wat ons vandag ken, was al gespeel in die Bybelse tyd, bv. Dambord, Skaak, Ludo, Mankala, Solitêr ens., maar die "seskantige steen" wat ons vandag gebruik, was vir hulle onbekend. In die Bybelse tye het kinders speletjies gespeel wat selfs vandag nog gespeel word!  Dogters het met pophuise gespeel en selfs miniatuur potte en meubels van erdewerk gehad.  Albasters was gewild in Egipte.  Buitenshuis het die kinders eenbeentjie gespring en gooispeletjies met leerballe gespeel.  Kinders het ook met lawaaispeelgoed gespeel, soos rammelaars en fluitjies.  Gooi-en-vang was gewild, maar hulle het nie iets soos kolwe of rakette gehad nie.  Kinders het graag 'n speletjie gespeel waar hulle kompetisie hou om te kyk wie die meeste klippe van 'n afstand in 'n gat kan gooi. Kinders het ook toneel gespeel (Matt. 11:16,17).  Gaan doen gerus navorsing oor opgrawings - soek bv. vir prente van slingervelle, pophuise ens.  

Skaak is reeds voor 2000 jaar v.C. in Babilon gespeel.  Daar was verskeie bord- en gooisteen speletjies o.a. dambord, ludo, dolos en mankala.    

Selfs die hoëpriester het gooistene gebruik om GOD SE WIL vas te stel ! - die Urim en die Tummim - hierdie heilige klippe was in 'n sakkie op die bors van die hoëpriester bewaar.

DIE GOOI VAN STENE of DIE WERP VAN DIE LOT, was BAIE ERNSTIG OPGENEEM!  

(Spreuke 16:33)  -"In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE".
(Psa 16:5) - "Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my LOT".

Die Here is die Een wat in beheer is van "lot". Ons sien talle voorbeelde in die Bybel van hoe God iets laat beslis het deur "lot".  Kyk bv. Hand. 1:26 toe hulle iemand moes kies om Judas se plek in te neem.  Lees ook Josua 18 en 19, 1 Sam. 14:42, 1 Kron. 24:31 ens.  Geen van die skrifte het egter enige iets te doen gehad met "lot" speel om 'n klomp geld te wen of so iets nie! In al die skrifte is die LOT GEWERP "VOOR DIE HERE" en ons sien ook dat dit gepaard gegaan het met ANTWOORDE BY DIE HERE SOEK en GEBED (fisies om die Here se wil te bepaal) - dit het nie gegaan oor menslike begeertes nie.   Die Here is sterk daarteen dat mense "goud en silwer" BEGEER. 



(1Titus 6:10) - "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor".

(1Co 3:12,13) - "En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is".

(Jak. 5:1-3) - "Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae".




No comments: