Monday, September 3, 2012

Wat beteken dit "om vrug te dra"?

VIR 'N VOLLEDIGE OPSOMMING OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat beteken dit "om vrug te dra"?


Jesus verduidelik vir ons in Mark. 4:1-20 "wie die mense is wat vrug dra" (in die gelykenis van die saaier).  In hierdie gelykenis verwys Hy na 4 groepe mense en dat dit net die is wat die "WOORD HOOR EN AANNEEM", wat vrug dra (een dertig, een sestig, een honderdvoudig). 

- (1) Die eerste groep mense:   hoor die woord, maar onmiddellik steel die duiwel dit weg uit hulle harte, en dit lewer GEEN VRUG op nie.  Volgens Lukas, is dit die wat nie glo en nie gered word nie". (- nl. die ongelowiges).

- (2) Die tweede groep:  neem die woord met blydskap aan, maar omdat hulle geen "wortel in hulleself het nie, is hulle net vir ‘n tyd". Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.  Dit spreek dus van mense wat wel die woord aanneem!!!, maar nie regtig die Here ken nie ("geen wortel in hulleself nie) - dit is die wat glad nie verdrukking of vervolging ter wille van die woord sal kan verduur nie. Dit is dus die wat gelowig raak, maar GEEN VRUG dra nie, of, as hulle enige vrug gedra het, raak dit  ONVRUGBAAR! Volgens Lukas is dit die wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar  aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, "val hulle af" in die tyd van versoeking.(- m.a.w., dit is die gelowiges wat nie regtig in 'n persoonlike verhouding met die Here is nie, en te bang is om op te staan vir die waarheid).

- (3) Die derde groep:  is die wat die woord hoor, maar die "sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word ONVRUGBAAR".  Omdat die skrif noem dat hulle "onvrugbaar" raak, beteken dit dat hulle wel begin vrug dra het, maar die sorge van die lewe, begeerlikhede en rykdom, verstik die woord en laat dit onvrugbaar raak. Volgens Lukas, is dit ook die wat gehoor het, maar  verstik word deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. "(- m.a.w., dit is die gelowiges wat onvrugbaar raak en nie die Here as EERSTE LIEFDE ken nie).

- (4) Die vierde groep: " En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en MET VOLHARDING VRUG DRA.  (-die gelowiges wat met volharding vrug dra).   "En niemand steek ‘n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie; maar hy sit dit op ‘n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.  Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.  Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het". (-vgl. dit met bg. Matt. 25:14-30) 

ONS SIEN DUS TWEE DEFINITIEWE GROEPE (2 en 3) HIER WAT WEL DIE WOORD AANNEEM, MAAR GEEN VRUG DRA NIE, OF SELFS BEGIN VRUG DRA, MAAR DIT VERLOOR.  DIE VRAAG WAT ONS MOET VRA, IS: "WAT SAL GEBEUR MET HIERDIE GROEPE GELOWIGES OP DIE DAG VAN OORDEEL"? 
(die dag van "toorn" waarna Johannes verwys)?
 (want, die Here sal ook oordeel tussen "skape en skape"!).


(Joh 10:14)  "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken". 

(1Kor. 9:24) - "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal".)
(1Kor. 9:26)  Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
(1Kor. 9:27)  Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------



No comments: