Friday, September 7, 2012

Wat was eerste? Die Hoender of die Eier?


Wat was eerste?  Die Hoender of die Eier?
Antwoord:  Natuurlik die Hoender!

In Genesis 1 lees ons dat God al die voëls  gemaak het volgens hulle soorte:- (Gen 1:22) -  "En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder...."


*  God het nie die eiers eerste gemaak nie. 
*  Hoenders vermeerder deur eiers te lê, maar eiers kan nie op hulle eie vermeerder nie en het die hoender nodig om dit uit te broei.


Die evolusieleer leer dat alles ontstaan het deur een of ander primitiewe vorm en kragte deur molekules:  dat die planete, maan en sterre op hulle eie gevorm het. Kinders word geleer dat alles ontstaan het van bloot een sel! Selfs Wetenskaplikes wat glo in die evolusieleer, verskil  onder mekaar oor die sogenaamde oorsprong van alles en niks kan regtig bewys word nie. Daar is ook baie "missing links".   AS DIE WETENSKAPLIKES VERSKIL EN GEENEEN MET SEKERHEID HULLE STANDPUNT KAN VERDEDIG NIE, DAN is dit opsig self 'n bewys dat  EVOLUSIELEER NIKS TE DOEN HET MET WETENSKAP NIE, MAAR DIT IS BLOOT 'N "GELOOF"!  Die evolusieleer aanvaar ook heidense praktyke en leerstellings;  inteendeel, Hindu en Griekse filosofieë het so 'n leer ontwerp!  Evolusieleer is anti-God, anti-Christus, anti-Bybels, anti-Christen en onintelligent.  Dit is kommerwekkend om te merk hoeveel mense alreeds glo in die "Darwinian evolution" en in hoeveel lande dit geleer word in die skole asof feite.   Christene ken egter hulle ware geskiedenis en moet niks te doen he met hierdie afvallige geloofstelsels nie. 


DIE BYBEL VERKLAAR:  
-  God het die hemel en aarde gemaak (Gen. 1:1; Ps. 8:1-9; 19:1-7);
-  God het die groot visse en ander lewende wesens geskape (Gen. 1:20);
-  God het die mens in Sy gelykenis geskape, man en vrou (Gen. 1:26-28; 2:7, 19-25; 5:1-2; 9:6);
-  Alles is deur God gemaak, en sonder Hom was niks gemaak nie (Joh. 1:3);  vir Sy plesier geskep (Openb. 4:11);
-  God het alles deur Jesus Christus gemaak (Ef. 3:9; Kol. 1:15-18);
-  Alles word instand gehou deur die krag van Sy woord (Hebr. 13);
-  Alles is geskep om op hulle eie soorte voort te bring - geen ding kon dus sommer iets anders skep nie (Gen. 1:20-28).  1656 jaar later was die wet nog nie gebreek nie (Gen. 7:14)  Nou, 6000 jaar later - nog nie gebreek nie - die padda is nog steeds 'n padda, die krap, nog 'n krap, die aap, nog 'n aap en die mens, nog 'n mens!



No comments: