Saturday, September 28, 2013

Is jy regtig vry van afgodsdiens?

Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar heelwat ander dinge.  In die aanbidding van afgodsbeelde, gaan dit oor "waarin die persoon sy hoop plaas" - dit gaan ook oor 'n "god en geloof wat hulle self skep".  Afgodsaanbidding is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand homself nie ondergeskik wil stel aan sy Skepper nie.
================================================================
3 Vorme van afgodsdiens:

 (1)  Menslike gebooie as sekuriteit (bedink aardse dinge en soek eie wil, o.a. "eiesinnigheid"-
1 Sam. 15:23; Kol. 2:20-23; Gal. 4:4-11; Fil. 3:18,19; Matt. 15:8,9).
(2)  Wereldse rykdom en wereldse sekuriteit (niemand kan twee here dien nie- Matt. 6:24; Luk. 16:10-15)
(3)  Sonde en "eie wil"  (bv. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - gewoonlik stap so iemand in daardie sonde, m.a.w. "aanhoudende sonde"- Kol. 3:5,6; Matt. 6:24; Ef. 5:5; Rom. 6:16; Jak. 4:4; Rom. 1:18-25) 

Redes hoekom mense afgodsdiens beoefen:
-   Sonde en "eie wil"
-  Hulle vertrou nie die Here nie
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 4:10)  Toe sĂȘ Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

No comments: