Saturday, September 28, 2013

Wat het Jesus bedoel met die woorde: "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom"


Wat het Jesus bedoel met die woorde:
"maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom..."  - Hand. 1:8 ?
==============================================
 (Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde".  

Alhoewel hierdie "krag ontvang"  gepaardgaan met gawes en bedieninge, is die werklike rede vir "krag ontvang" nie om in gawes en bedieninge te stap nie (alhoewel dit outomaties volg), maar die rede daarvoor,  "om te getuig".  Baie Christene wil graag hierdie krag ontvang deur die Heilige Gees, tog het hulle geen begeerte om TE GETUIG nie, maar het eerder 'n begeerte na selfverheffing - "om iets te wees" of "om gesien te word" of  "om geeer te word" - dit is nie die rede hoekom Jesus hierdie krag belowe het nie.  Dit is nie verkeerd om die "beste gawes te begeer" nie, maar om watter rede word dit begeer? (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html). Net so is iemand se redes somtyds verkeerd "hoekom hy wil goed doen", of "hoekom hy so en so 'n besluit neem" ens. - ons redes hoekom ons iets wil doen of begeer, moet reg wees.  

Nie baie Christene het 'n begeerte vandag OM TE GETUIG nie, tog begeer hulle die krag van die Heilige Gees?  Hoekom?  

-(Hand. 9:22)  Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.(WAT IS DIE REDE HOEKOM HY MEER KRAG ONTVANG HET? -om te getuig)

-(Hand. 4:29,30)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE VRA DAT DIE HERE WONDERS, TEKENS ENS. DOEN? -om met vrymoedigheid te kan getuig!)

(Hand. 1:8)  "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde" (WAT IS DIE REDE HOEKOM HULLE KRAG GAAN ONTVANG?  - om te getuig!)

....m.a.w.? - "OM TE GETUIG!" -(en dan sal die Heilige Gees gawes en bedieninge werk soos Hy wil...) -
Die rede hoekom die Heilige Gees gawes en bedieninge deur die gelowige werk, is sodat hy kan getuig! (om met alle vrymoedigheid die waarheid te spreek!). Ten eerste moet ons verstaan dat dit slegs die is wat die voorwaardes nakom, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  Nie almal wat se hulle is gelowig, ontvang die Heilige Gees nie! Dit kos "onderwerping aan die Here se wil, om te glo en om Hom gehoorsaam te wees..."  - dit is die persoon wat regtig tot bekering en wedergeboorte gekom het, wat die gawe v/d Heilige Gees ontvang.  (Joh 10:27 - "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".)

- Ook volgens Hand. 5:32, is dit "net die wat gehoorsaam is aan die Here", wat die Heilige Gees ontvang.

Kyk maar, dat selfs waar die Christen in Ef. 6 beveel word om KRAGTIG TE WORD IN DIE HERE, gaan dit ook nie oor "outoriteit" nie, maar in konteks gaan die skrifgedeelte oor onderwerping aan die Here se wil, om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te vertrou, die waarheid te soek, in geregtigheid te stap ens. Wanneer 'n Christen hierdie godsaligheid najaag, dan word hy "kragtig in die Here". 

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/wat-dit-beteken-om-kragtig-te-wees-in.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die gelowige voel nie altyd of hy baie krag het nie - (inteendeel, die manier hoe ons "kragtig" sien, is meestal verskillend van hoe die Here dit sien).  'n Gelowige mag dalk lyk of hy "min krag" het, maar tog kragtig wees in die Here!  'n Goeie vb. van sulke gelowiges, was sommige in die gemeente van Filadelfía in Openb. 3:7-13 - kyk wat het Jesus vir hulle gese: (Openb. 3:8)  "Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit niewant jy het min krag en (1) jy het my woord bewaar en (2) my Naam nie verloën nie". 

No comments: