Saturday, September 28, 2013

Weerstaan die duiwel

(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".
(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".

Die Christen word beveel om nie net homself te "onderwerp aan God" nie, maar ook 
-  om die duiwel te weerstaan en 
 aan hom geen plek te gee nie
Dus, as hierdie dinge van die Christen verwag word, is dit tog duidelik dat die Christen in 'n stryd gewikkeld is, of hy dit wil glo of nie!

Die woorde "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", is spesifiek gebruik in konteks met iemand se eie pad van godsaligheid.  
(Dit beteken bv. nie dat ek die duiwel kan weerstaan om van iemand anders af weg te vlug nie, want daardie persoon moet self ag gee op sy pad van godsaligheid en die duiwel self weerstaan). 

Die waarheid is: 
dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk bv. gelykenis van die saaier - eerste groep)
en dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om mense afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -(wat tot gevolg kan he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom). Lees bv. Hand. 13:7-10, 13:50; 14:2 ens. - (Hand. 13:50)  Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ‘n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf;  - (Hand. 14:2)  Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
IETS WAT MIN CHRISTENE BESEF, IS DAT DIE TEMA VAN "OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN", EINTLIK MIN TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "OUTORITEIT", MAAR MEER TE DOEN HET MET DIE GELOWIGE SE "PAD VAN GODSALIGHEID".
In baie kerke word "geestelike oorlogvoering" voorgestel as 'n mag wat ons verkry het deur Jesus Christus oor die bose, terwyl die konteks van die tema in die Skrif, eintlik op iets anders wys. Dit wys nie op hoe sterk die gelowige alreeds is nie, maar op hoe hy die godsaligheid moet najaag.
 In onderstaande studie sal ons sien dat, die rede hoekom ons die duiwel moet weerstaan, gaan oor "gehoorsaamheid aan die Here", om Sy wil te doen en om jouself ondergeskik te stel aan Hom - (ook deur dit te doen, sal jy die duiwel weerstaan en hom geen plek gee nie).  
================================================================
Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:

- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie.(kyk punt 1)

- dat die duiwel gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. (kyk punt 2)

- dat die duiwel probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak (kyk punt 3)

- dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om ander afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -dit kan tot gevolg he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom (kyk punt 4)

- dat die duiwel gelowiges "se pad" probeer verhinder  (kyk punt 5)

- dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk punt 6)

- dat die duiwel onkruid saai tussen gelowiges, m.a.w. mense wat hulle voordoen as gelowiges, maar dit nie is nie (kyk punt 7)

- dat die duiwel probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig (kyk punt 8)

- dat die duiwel probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here, deur omstandighede, siekte ens. - (in die geval waar die gelowige getoets word om te sien of hy staande sal bly) (kyk punt 9)

- dat die duiwel gelowiges versoek om verkeerd te doen (kyk punt 10)
------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE DUIWEL IS NOG NIE GEBIND NIE, MAAR SAL BY DIE AANVANG VAN DIE 1000-JARIGE VREDERYK GEBIND WORD VIR DIE 1000 JAAR - daarna weer 'n rukkie losgelaat word...

(Openb. 20:10) 
(Openb. 20:2)  

MAAK NIE SAAK HOEVEEL MAAL 'N GELOWIGE SE, "EK BIND JOU IN DIE NAAM VAN JESUS", NIE, die duiwel IS STEEDS LOS!  (Die skrifte oor "bind en ontbind" het niks met die "duiwel bind of ontbind" te doen nie, maar in konteks gaan dit oor "broeders wat in opsetlike, aanhoudende sonde stap, vergifnis en oor gesamentlike gebed van gelowiges!)   GELOWIGES MOET VERSTAAN DAT DIE STRYD WAT HULLE STRY, NIE GAAN OOR "WOORDE" NIE, MAAR OOR DIE VOLGENDE:

- om die waarheid te soek/lief te he (te onderskei tussen ware en valse en weg te bly van valse leerstellings/leraars)(om die woord van God te ken)
- om die Here gehoorsaam te wees (om gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus)(is bly saam met die waarheid, nie saam met die ongeregtigheid nie)(geregtigheid)
- om die wil van die Here te soek/te doen (om jouself ondergeskik te stel aan Hom en Hom as eerste Liefde te ken)
- om bereid te wees om die evangelie te verkondig (selfs bereid te wees om te ly ter wille van die evangelie)
- om seker te maak ek ken die regte Jesus, die regte evangelie, en die regte Gees (verlossing)
(sien punt 11)
================================================================
HOEKOM DINK SOMMIGE CHRISTENE DAT HULLE NIE NODIG HET OM DIE DUIWEL TE WEERSTAAN NIE?
(1)  Baie gelowiges dink dat dit onmoontlik is vir 'n Christen om in "die strik van die duiwel" te wees:

Kan 'n Christen 'IN DIE STRIK VAN DIE DUIWEL' wees?   
Wanneer iemand in die strik van die duiwel is, dan doen so iemand die duiwel se wil (2 Tim. 2:25,26).  
-  IS DAAR DAN GELOWIGES WAT DIE DUIWEL SE WIL DOEN? 
(lees gerus die gedeelte in konteks)
- WANNEER IS IEMAND IN DIE STRIK V/D DUIWEL?  - wanneer iemand sy wil doen (dit is die weerspanniges).  In konteks handel die gedeelte oor hoe hoe Tim. nie moet redeneer met mense wat betrokke is by valse leerstellings nie en die wat in ongeregtigheid stap, in sagmoedigheid moet teregwys - dit is hulle wat genoem word die "weerspanniges" - IN KONTEKS BETEKEN DIT DUS DAT DIE WAT AG GEE OP VERDRAAIDE LEERSTELLINGS EN DIE WAT IN ONGEREGTIGHEID STAP, DIE IS WAT IN "DIE STRIK VAN DIE DUIWEL" IS.  Alhoewel dit nie die geval was met Timotheus nie, moet ons verstaan dat Paulus hom raad gee op hoe hy gelowiges moet hanteer wat hierin val.  

Neem kennis wat Jesus vir die Fariseers gese het:  (Joh 8:44 - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.....").  Die Fariseers het daarop staatgemaak dat hulle kinders van Abraham was - net soos gelowiges vandag staatmaak daarop dat hulle "gered" is.  Ja, baie dink hulle is gelowig, maar doen die wil van die duiwel deur in ongeregtigheid te stap en die waarheid te verdraai.  Die ware gelowige is veronderstel om die wil van die Here te doen.  (1Jn 3:10 -  "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie"). 

*  WIE IS DAARDIE GELOWIGES WAT IN DIE STRIK V/D DUIWEL IS?
  -  die wat die waarheid verdraai
  -  die wat in ongeregtigheid stap (soos aanhoudende sonde) 

(Ef. 4:27)  "en gee aan die duiwel geen plek nie".
(Jak. 4:7)  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".  

(JaK. 1:14) 
(1Ti 5:13-15) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Baie gelowiges dink dat "alles wat hulle dink", is die wil van die Here - hulle sukkel om te onderskei tussen hulle "eie wil" en die "wil van die Here" (tussen "eie gedagtes", of dit wat die Here vra/wil):
IN HIERDIE 2 SKRIFGEDEELTES VERKLAAR PAULUS DAT DIT MOONTLIK IS VIR 'N GELOWIGE SE "SINNE", OM BEDORWE TE RAAK (hy vertel ook hoe iemand se sinne bedorwe raak),  EN HY VERTEL HOE ONS "VESTINGS KAN NEERWERP".  

Die tema van "vernuwing van GEDAGTES" is nie 'n nuwe onderwerp nie, tog gee min gelowiges ag daarop. Wat ons dink, beinvloed ons optrede en dit is belangrik dat ons ons gedagtes gedurig vernuwe.  In die 2 Kor. 10 skrifgedeelte sal ons sien dat die manier om vestings neer te werp, juis gaan oor wat ons in ons gedagtes toelaat en hoe ons ons gedagtes gevange neem.  Let wel dat dit juis die manier is hoe die duiwel vir Eva in sy strik gevang het, deur 'n leuen en deur haar gedagtes te probeer verander.  Telkens is GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, die antwoord.
(Gen 3:1-5) (2Kor. 11:2-4)
DUS:  HOE RAAK IEMAND SE SINNE / "MANIER VAN DINK"  BEDORWE?
(1) WANNEER HY 'N ANDER JESUS AANNEEM
(2) WANNEER HY 'N ANDER GEES ONTVANG
(3) WANNEER HY 'N ANDER EVANGELIE ONTVANG

Vgl. hierdie met die volgende: 
(2Kor. 10:3-6) 

DUS:  HOE VOER ONS DIE STRYD IN DIE GEES (OF HOE WERP ONS VESTINGS NEER?):
(1)  VERBREEK PLANNE EN SKANSE WAT OPGEWERP WORD TEEN DIEKENNIS VAN GOD (VERNIETIG GEDAGTES OF VERBEELDINGS WAT NIE DIE WAARHEID IS NIE, bv. valse leerstellings en moenie eens daaroor top nie, maar soek die waarheid)
(2)  NEEM GEDAGTES GEVANGE TOT DIE GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS(STEL JOU GEDAGTES ONDERGESKIK AAN DIE HERE - WEES GEHOORSAAM AAN HOM)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------(3)  DIE DUIWEL PROBEER OOK OM DIE GELOWIGE TE VERSOEK OM MEER BESIG TE WEES MET DIE LEWE, AS MET DIE HERE;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERSOEK;  OOK PROBEER HY HULLE VERSOEK OM DIE HERE TE VERLOEN:

(Mat 4:1-11)  
IN ELKE GEVAL HET JESUS DIE DUIWEL WEERSTAAN MET DIE WAARHEID.  IN HIERDIE GEDEELTE LEER ONS DIE VOLGENDE:
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om Sy oe weg te rig van die Vader, en te rig op lewensbehoeftes;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het om die Vader te versoek;
- dat die duiwel Jesus probeer versoek het (deur beloftes) om die Vader te verloen.

*  Jesus het baie gepraat oor hoe ons Hom moet eerste stel, en meer besig moet wees met die Here, as met die dinge van die lewe;  hoe ons eerste die koninkryk en Sy geregtigheid moet soek....  Deur wereldse behoeftes, beloftes en plesiere probeer die duiwel gelowiges versoek om meer besig te wees met die lewe, as met die Here.
*  Wanneer ons die Here dien net oor wat ons kan kry uit die "deal", dan verwag ons voorspoed en seeninge en en en.  Maar wanneer ons die Here liefhet, gee ons nie om om te ly ter wille van die geregtigheid nie.  Baie Christene versoek die Here daagliks deur hulle eie begeertes - hulle reken omdat hulle die Here ken, moet Hy vir hulle dit en dat doen..... Deur behoeftes en begeertes probeer die duiwel gelowiges versoek om die Here te versoek.
*  Menig Christene plaas hulle vertroue eerder in wereldse wysheid, omdat die waarheid vir hulle dwaas is - is dit dan nie dwaas om "jou nie te bekommer oor die dag van more" nie? (tog het Jesus dit geleer);  is dit dan nie dwaas om "ook jou ander wang te draai wanneer iemand jou op die een wang slaan nie"? (tog het Jesus dit geleer); is dit dan nie dwaas om te se dat net sekere goeie dade beloon gaan word nie? (tog het Jesus dit geleer)............daarom probeer die duiwel gelowiges versoek met wereldse wysheid.

Kyk ook: (Joh 13:2)
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  DIE DUIWEL GEBRUIK ANDER MENSE OM ANDER AFKERIG TE MAAK TEENOOR DIE WAARHEID WAT DEUR GELOWIGES VERKONDIG WORD (SOMTYDS IS DAARDIE "ANDER MENSE" OOK SELF GELOWIGES!):

(Hand. 13:7-10) 
(Hand. 13:50)(Hand. 14:2) 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERHINDER OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:

(1Th 2:18) 
(Hand. 5:3)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  DIE DUIWEL PROBEER DIE WOORD STEEL UIT MENSE SE HARTE:

(Luk 8:12)  
(kyk ook punt 4)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL:
(2Kor. 11:13-14)  (Mat 13:39)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES OPGEBLASE MAAK, DEUR WERELDSE WYSHEID WAARDEUR HULLE SONDES REGVERDIG:


(1Kor. 5:5) (1Kor. 5:7) 
(1Kor. 5:9-13) (1Ti 1:18-20)  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9)  DIE DUIWEL PROBEER OM GELOWIGES AFVALLIG TE MAAK VAN DIE HERE, DEUR OMSTANDIGHEDE, SIEKTES ENS. - IN DIE GEVAL WORD DIE GELOWIGE GETOETS DAARDEUR OM TE SIEN OF HY STAANDE SAL BLY:
(Job 2:1-10)
GOD LAAT DIT OOK SOMTYDS TOE, SODAT ONS KAN AANDAG GEE AAN DIE GODSALIGHEID:
(2Kor. 12:7-9) (Openb. 2:10) (Luk 22:31-32) 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(10)  DIE DUIWEL PROBEER GELOWIGES VERSOEK OM VERKEERD TE DOEN:
(1Kor. 7:5) (Jak. 1:13-16) 
----------------------------------------------------

(11)
 (Ef. 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Ef. 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Ef. 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Ef. 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Ef. 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Ef. 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
(Ef. 6:18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  (MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL):
(2Kor. 11:13)  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
(2Kor. 11:14)  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
==============
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
==============
ALMAL IN DIE KERK, OF DIE WAT SE HULLE IS CHRISTENE, IS NIE CHRISTENE NIE!  Daar is baie sg. Christene wat in die pad staan van die waarheid - hulle het ook nie die waarheid lief nie, en soek nie na die waarheid nie.  HULLE VERDRAAI DIT EN WORD DEUR DIE DUIWEL GEBRUIK OM MENSE AFKERIG TE MAAK VAN DIE WAARHEID.  HULLE GAAN SOVER AS OM ANDER mense OP TE HITS EN TE VERBITTER TEENOOR DIE REGVERDIGE.  DIE GELOWIGE KAN NIE HIERDIE OPTREDES STOP NIE, MAAR HY KAN AANHOU OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG!  (soos die vb. wat Jesus en Paulus en die ander dissipels vir ons gestel het). As iemand egter nie die waarheid verstaan of wil ontvang nie, kan die Christen dit nie afdwing nie - die Christen kan nie op hierdie manier die duiwel weerstaan nie, want dit is nou die ander persoon se verantwoordelikheid "om die duiwel te weerstaan". Die konteks van "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", gaan dus daaroor dat ek self die waarheid moet soek en liefhe, valse leerstellings moet weerstaan, gedagtes moet vernuwe ens. - dit gaan oor "onderwerping aan die Here, onsself verneder voor die Here (Jak. 4), NIE oor 'n geveg met die wat ons teestaan nie ( m.a.w. "die wat deur die duiwel gebruik word om die gelowige te vervolg nie)!  Die ware Christen sal vervolg word net soos Jesus vervolg is! 

No comments: