Sunday, December 28, 2014

Olyfberg

"OLYFBERG"  ("mount of olives"; "Olivet")
(lê voor Jerusalem, aan die oostekant)
In Jesus se tyd op aarde, het Hy en Sy dissipels heelwat tyd deurgebring op die Olyfberg (Matt. 21:1; Matt. 24:3; 26:30; Luk. 19:37; Joh. 8:1) - dit wil voorkom asof die Here Jesus selfs daar vernag het in sekere tye wat Hy in Jerusalem was! (Luk. 21:37). Getsemane was 'n tuin aan die voet van die Olyfberg, duskant die spruit Kedron - dit is hier waar hulle Jesus gevange geneem het voor Hy gekruisig is - Joh. 18:2 verklaar ook dat Jesus en Sy dissipels dikwels daar saamgekom het.  Die Olyfberg was dus amper soos 'n "huis" somtyds vir die Here en Sy dissipels.  Toe iemand op 'n stadium vir die Here Jesus se dat hy Hom sal volg waar Hy ookal gaan, was Jesus se antwoord as volg:  (Luk 9:58 - "... Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie").  Hy het arm geword ter wille van ons, sodat ons deur Sy armoede ryk kan word - (2 Kor. 8:9).  

Wat verder interessant is van die Olyfberg, is dat dit die juiste plek is waarvandaan die Here Jesus Christus opgevaar het hemel toe (Hand. 1:9-12), en dit ook die plek is waarop Hy sal kom staan wanneer Hy terugkom - (Sag. 14:4) "En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal....".  

SKRIFGEDEELTES:
====================================
(Mat 21:1-6)(Mark. 11:1)(Luk. 19:29)(Mat 24:1-3)(Mark. 13:3)(Mat 26:26-31)(Mark. 14:26)(Luk 19:37-44)(Luk 21:29-38)(Joh 8:1,2)(Hand. 1:9-12)(Sag. 14:1-21)(2Sa 15:30)(Mat 26:36)(Joh 18:1,2)
_________________________________________________________________________________

Tuesday, October 8, 2013

Gee ons "meer geloof"

Baie mense soek (meer) "geloof" vir die verkeerde redes, m.a.w. vir wat hulle uit die "deal" kan kry.  Dit is juis waarna Jesus verwys in v.7-10!  ((Luk 17:10)  So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen").  As iemand die Here dien bloot vir wat hy uit die deal kan kry, dan is sy persepsie verkeerd.  Dan gaan dit oor om "homself groter te maak".  Daarom moet ons ons kinders van kleins af leer dat "werk" nie altyd vir "verdienste" is nie! Die lewe gaan nie regtig oor "wat iemand vermag" of "verdien" nie, maar eerder oor "dien".  Omdat meeste mense met 'n verkeerde persepsie grootword dat die lewe gaan oor vermag of verdien, is dit vir hulle moeilik om "te dien" - dit is hoekom mense altyd wil probeer uitstyg bo ander, sodat hulle nie hoef "te dien" nie.  Dit is hoekom Eva van die boom van kennis van goed en kwaad geeet het, sodat sy "soos God" kon wees - die begeerte na "groter of beter wees" was altyd dit wat die mens laat faal het. 

(Luk 17:5)  Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
(Luk 17:6)  En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.
Net soos die apostels, wil ons ook somtyds vra:  Here, gee ons meer geloof...  Hoe gaan ons meer geloof he?  In v. 7-10 verduidelik Jesus dit verder as volg:  (Luk 17:7) "En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? (Luk 17:8)  Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? (Luk 17:9)  Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. (Luk 17:10)  So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen".  
Hierdie antwoord van die Here, is NIE so heeltemal wat meeste sou verwag Jesus se antwoord sou wees nie! 
Wat het "dienskneg" te doen met "geloof"?  

M.a.w., wat Jesus eintlik vir hulle geleer het, is dat "meer geloof" gaan oor "om soos 'n onverdienstelike dienskneg te wees".

As ons gaan kyk na wat "geloof" self werklik is, (Hebr. 11:1-"Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie"), dan merk ons dat dit iets is wat van binne kom - VERTROUE, HOOP...  maar wat het dit te doen met "dienskneg"?  
Kom ons kyk na 'n vb. van 'n vertrouensverhouding in 'n opset van werk en waar iemand vir 'n baas werk: dit is altyd maklik om te sien wie die is wat "vertroue" in hulle base het. 'n Werker wat reken dat hyself beter besluite neem as die baas, of dat hy meer kennis het, gaan nie altyd die baas onderdanig wees nie en ook kronies verskil van hom.  Daar is dus nie die nodige vertroue nie.  Kyk ons na 'n ouer-kind verhouding waar die kind glo dat sy pa of ma minder weet as sy onderwyser of as wat die wereld vir hom vertel, dan is die ook 'n tipiese geval waar die kind in opstand kom teen die ouer se gesag, m.a.w. daar is nie vertroue nie.  Vertroue en hoop is dus gegrond op ons persepsie van 'n ander en word bewys deur die "ondergeskik stel van", of " 'n dienskneg wees van".  Iemand stel homself ondergeskik aan sy leier omdat hy sy leier vertrou.  'n Kind stel homself ondergeskik aan 'n ouer, omdat hy sy ouer vertrou.  Waar daar dus 'n "opstand" probleem is, is daar ook 'n probleem met vertroue. 'n Kind kan nou nie juis 'n vader vertrou wat onregverdig is nie!  'n Werker kan nie 'n baas vertrou wat skelm is nie!  
As iemand iemand anders ten volle vertrou, sal hy ook onderdanig wees ten spyte van die feit van of hy met hom saamstem of nie!   Dit het dus te doen met ons persepsie van die ander persoon. NET SO HET "GELOOF" TE DOEN MET ONS PERSEPSIE VAN DIE HERE.  As ons persepsie reg is, dan wil ons Sy dienskneg wees, m.a.w. Hom vertrou - dit is nie iets wat opgewek word nie, maar 'n toestand van die hart. Ons as ouers moet dus seker maak dat ons die regte persepsie van die Here by ons kinders kweek.  Daarom is dit belangrik om vir hulle te leer dat die Here regverdig is, dat Hy nooit foute maak nie, dat Hy altyd help, dat Hy in beheer is ens....., maar meer nog, moet ons daardie geestelike lewe vir hulle wys deur saam met hulle te bid of hulle te leer om self na die Here uit te reik, 'n lewe  lewe van onderdanigheid aan die Here sodat hulle dit eerstehans kan ervaar.  Ons sien dus die belangrikheid van geestelike onderrig en Christelike lewe.  

Ons persepsie moet wees: 
- dat die Here in beheer is van ons lewe en die lot van ons lewe bepaal en dat ons moet lewe volgens Sy wil;
- dat die mens, as deel van Sy skepping, Hom moet eer (hoe kan die skepping groter wees as die Skepper!);
- dat die Here nie beskryf word deur die mens nie, maar Hy die een is wat altyd was, is, en sal wees en Homself beskryf aan die mens soos Hy wil;
- dat die mens, as deel van Sy skepping, Hom moet gehoorsaam en dat die Here van hom kan verwag wat Hy ookal wil en met hom doen, wat Hy ookal wil.

Wanneer iemand leer om gehoorsaam te wees aan die Here, dan kom geloof outomaties, want deurdat iemand gehoorsaam is aan Sy opdragte, werk Hy deur hom.  So werk die Here ook net Sy gawes deur die wat bloot gehoorsaam is! - deur die wat DIENSKNEGTE is (sonder om iets te wil verdien)

(Luk 6:46)  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

(Luk 6:47)  Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
(Luk 6:48)  Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
(Luk 6:49)  Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.

Wie is nou eintlik deur die Gees gelei?

Wie's nou eintlik deur die Gees gelei?

 Besluite moet nooit deur logika of vrees gedryf word nie, maar deur die wil van die Here.  
===================================================
-Christene moet mekaar bemoedig om DIE WIL VAN DIE HERE TE SOEK en dan mekaar ondersteun! 
-Die Christen se taak is nie om vir ander Christene "besluite te neem" nie!  Die leierskap in die kerk se taak is ook nie om besluite te neem nie, maar om na die wil van Here te vra (en dan gehoorsaam te wees aan die Here).  Om ander gelowiges te lei, het min te doen met besluite, maar eerder om iemand anders te ondersteun OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN.  
- Dit is ook a.g.v. hierdie feit dat min Christene regtig die gawes van die Gees ervaar, omdat hulle nie weet wat dit is om na die wil van die Here te soek en GEHOORSAAM te wees nie.  Gawes het te doen met WAT DIE HERE WIL DOEN, nie wat mense wil doen nie. 
-Christenskap gaan nie oor "ons wil" nie, maar oor die Here se wil.  Kerk moet nie gaan oor die besluite wat ons neem nie, maar oor gehoorsaamheid aan die Here se wil.  
===================================================
Lees die volgende skrifgedeeltes:  (Hand. 21:3.4)  (Hand. 21:8-11) (Hand. 21:13) 

Wie was nou eintlik deur die Gees gelei (in die betrokke skrifgedeeltes)?  
Paulus?  
Of die dissipels?  
Paulus het gevoel dat die Gees hom lei om op te gaan Jerusalem toe (Hand. 20:22-25);  die dissipels het gevoel die Gees lei hulle om hom te verhoed om op te gaan Jerusalem toe.  Wie was regtig deur die Gees gelei?  Moes Paulus na die dissipels geluister het? Ons bevind onsself ook baiemaal in hierdie posisie waar ander mense vir ons wil besluit. Alhoewel dit somtyds is omdat ander omgee, is hulle besluit nie altyd reg nie en kan hulle eintlik veroorsaak dat ons nie die wil van die Here uitvoer nie. 
Voor Paulus oorgevaar het na Tirus (Hand. 21:3,4), het hy in Efese letterlik totsiens gese aan die dissipels daar, selfs verklaar dat hy hulle nie meer sal sien nie! (Hand. 20:22-25).  Die Here het vir hom gewys dat daar iets op hom wag, tog nie vir hom gese om nie te gaan nie. Die dissipels in Tirus se waarskuwing was meer deur vrees gedrywe en deur die manier "hoe hulle sien".  Die feit dat die Here vir Paulus gewys het wat gaan gebeur, het nie beteken dat hy nie moes gaan nie.  Logika het maar min met besluite te doen. 
 Besluite moet nooit deur logika of vrees gedryf word nie, maar deur die wil van die Here.  

Dit is nie die enigste geval waar ons van hierdie soort optrede lees nie - kyk ook Mat 16:22 nadat Jesus vir die dissipels vertel het hoe Hy sal ly, doodgemaak word en op die derde dag sal opstaan:  
"Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! (v.23)  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense".  Die raad wat ander vir ons gee, alhoewel met goeie bedoelings, is nie altyd die wil van die Here nie - Jesus noem dat dit is wanneer iemand "die dinge van mense bedink" en nie van God nie. Logika of kennis het min met "besluite" te doen en word baiemaal deur verkeerde motiewe gedrywe. Die gelowige is veronderstel om, soos Paulus, net eenvoudig GEHOORSAAM te wees (aan die Here), maak nie saak wat die implikasies van die besluit gaan wees nie, maar natuurlik moet daardie gelowige dan ook die wil van God ken! (Dit kan bv. nooit die wil van die Here wees dat iemand "verkeerd doen" nie, dus, in so 'n geval, sou dit die Christen se plig wees om in te gryp en "vir iemand 'n besluit te neem" en die persoon te waarsku). 
In alle gevalle, is dit Christene se plig om mekaar te oortuig om DIE WIL VAN DIE HERE TE SOEK EN TE DOEN.  Daarom sal ander gelowiges se logika nie altyd sin maak nie.  Die gelowige moet hom deur die Here laat lei, nie deur mense nie!  
Ons moet dus versigtig wees wanneer ons ander wil "help" dat ons onsself nie bevind in die posisie waar Petrus homself bevind het nie. 
Baie Christene sien vandag "Christenskap" as 'n taak om vir ander te help "om besluite te neem",  terwyl ons eerder mekaar moet bemoedig "om die wil van die Here te doen"   - in bg. gevalle het die dissipels Paulus bemoedig om nie die wil van die Here te doen nie;  het Petrus vir Jesus bemoedig om nie die wil van die Vader te doen nie... (alhoewel dit nie hulle bedoeling was nie!).  Ons moet versigtig wees en mekaar eerder ondersteun en ander se oe op die Here rig. Ook moet ons hierdie ding vir ons kinders van kleins af leer deur 'n vb. te stel van waar familie altyd eers bid oor 'n saak, en wag op die Here se antwoord alvorens daar opgetree word. Kinders leer so van jongs af gehoorsaamheid aan die Here.  Ouers wat nie 'n vb. wys van gehoorsaamheid aan die Here nie, leer hulle kinders om eerder gehoorsaam te wees aan mense as aan die Here.  Terwyl daar van die kind verwag word om gehoorsaam te wees aan die ouer, moet die kind ook verstaan dat, wanneer hy gehoorsaam is aan sy ouer, hy eintlik gehoorsaam is aan die Here omdat die ouer gehoorsaam is aan die Here. In daardie sin behou die kind die konsep van wie REGTIG IN BEHEER IS!
"DIE CHRISTEN HOEF EINTLIK GEEN BESLUITE TE NEEM NIE, HY MOET NET GEHOORSAAM WEES!" (aan die Here, natuurlik!)
(Hand. 5:29)  "En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense".


Friday, October 4, 2013

Gedagtes

(Mat 5:27)  "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
(Mat 5:28)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het".

Die manier hoe 'n man bv. na 'n vrou kyk "om haar te begeer", het te doen met die GEDAGTES. Wanneer gedagtes van begeertes ("lust") gekoester word, dan kan iemand dus sondig in sy gedagtes.  Ons besef nie altyd die erns van "gedagtes vernuwe" nie en daarom stel ons onsself gereeld bloot aan sondes sonder dat ons agterkom. Behalwe dit, beinvloed daardie gedagtes ons optredes en gestel.  Wanneer iemand bly dink aan toe iemand hom onregverdig behandel het, dan het daardie gedagtes vreeslike gevolge soos dat die persoon negatief raak teenoor die ander, of dat die persoon die Here kan begin kwalik neem, of dat die persoon self voel soos 'n nikswerd, of dat hy nie by vergifnis uitkom nie, ens. Daardie gedagtes kan ook omsit in ander sondige gedagtes, bv. afguns of verbittering e.a. As iemand daaraan dink om selfmoord te pleeg, dan pleeg hy sonde net deur daaraan te dink! Deur ons eie begeertes, veroorsaak ons dat ons in "versoeking" val.  Soos enige ander sonde, moet dit bely word, en net soos ons ander sondes afle en nie stap in opsetlik aanhoudende sonde nie, moet daardie "gedagte-sonde" dieselfde hanteer word en moet dit nie verder gekoester word nie.  Ons moet besef die erns van wat ons toelaat in ons gedagtes.  In Ef. 4, praat Paulus juis van hierdie kwessie, van die gemoed en wat ons in ons gemoedens toelaat.  Hy se o.a. in v.23 - "en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed" - dan praat hy bv. verder van hoe ons nie moet lieg nie en nie die son moet laat ondergaan oor ons toorn nie... en dan v. 27 "en gee (so) aan die duiwel geen plek nie" .  Deur verkeerde gedagtes te koester bv. "om met daardie toorn-gedagtes te gaan slaap sonder om die gedagtes te vernuwe", veroorsaak dat daar plek gemaak word vir die duiwel - daar word dus plek gemaak vir verbittering ens.  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------

Toe Kain vir Abel doodgemaak het, het dit begin by 'n gedagte!  God het hom gewaarsku hierteen: 
 (Gen 4:6) " En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
(Gen 4:7)  Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers".  Kain het daardie verkeerde gedagtes gekoester, kwaad, sy hoof laat hang...  God maak dit duidelik in v.7 dat hy (Kain) wel BEHEER HET OOR DAARDIE GEDAGTES - "die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; MAAR JY MOET DAAROOR HEERS".  Alhoewel baie mense glo dat hulle geen beheer het oor hulle gedagtes nie, is dit nie waar nie.  

Elke mens het 'n wil en kan die besluit maak om sy gedagtes te verander - dit gaan hand in hand met "om jouself te onderwerp aan die Here" - aan Sy wil, gehoorsaam te wees aan Hom...  (vergifnis, om die waarheid te soek, om die godsaligheid na te jaag, om die Here se woorde en wette te oordink, te bepeins, om die Here se wil te soek en geduldig te wag op Sy antwoord, om aanhoudende sondes af te le ...............ens.
Die skrifgedeelte in 2 Kor. 10:3-6 word deur baie kerke heeltemal uit verband geneem en vele leerstellings word daar rondom gebou.  Christene word bv. o.a. geleer om te bid dat die Here hulle gedagtes vir hulle verander en lang gebede aangeleer waarmee hulle "die stryd stry", maar wat die skrifgedeelte einlik vir ons leer, is om self ons gedagtes te verander, te vernuwe: "terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus". 'n Gebed kan net help as die persoon self ook sy gedagtes verander.  Volgens die skrifgedeelte is dit die manier hoe ons die stryd stry en vestings neerwerp, m.a.w. wanneer die skrif se (2 Kor. 10:4)  "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp", dan is dit in konteks met "om ons gedagtes te vernuwe, en dit (self) gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus.  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel daar vele skrifte is rondom die tema van "gedagtes", is dit nie eintlik iets waaroor Christene aldag praat nie.  (Selfs die wereld besef die invloed van gedagtes op ons gestel en lewe en vele mense neem deel aan oosterse meditasie, joga, ens. om hulle gedagtes te verander en dit af te sluit van dinge;  so ook is die Nuwe Era beweging se teologie  gebou op "om die manier hoe mense dink", te verander - hulle besef die krag daarvan!), maar Christene moet eerder WEGBLY VAN hierdie wereldse praktyke soos oosterse meditasie en gelowe wat nie Jesus Christus as enigste Saligmaker bely nie,  en kennis neem van wat die woord ons eerder leer oor die onderwerp van "gedagtes".  Baie Christene buk onder die las van "gedagtes wat hulle onderkry".  Dit is ook nie net vir uitgesoektes beskore nie, maar elke mens het hierdie probleem in die vlees. Ons moet dus kennis neem van wat die skrif ons leer oor die onderwerp en besef dat ons self in beheer is van ons gedagtes en moet bewus wees van verkeerde gedagtes, dit verander en ons gedagtes kry op die dinge daarbo.
Die mensdom is emosioneel uitgeput. Om die gedagtes te vernuwe, is iets wat elke Christen daagliks moet doen.  Ons moet ook seker maak dat ons genoeg persoonlike tyd inruim met die Here (soos Jesus vir ons geleer het), sodat ons perspektief kan verander en ons begin "sien soos Hy sien". Ons moet nie ons hoop in wereldse dinge plaas nie (soos Jesus vir ons geleer het);  die lewe moet ook nie vir ons gaan oor wat ons bymekaarmaak nie (soos Jesus vir ons geleer het). As ons gedagtes heeltyd op die wereldse is, dan gaan ons natuurlik vermoeid en belas voel (soos die res van die wereld).  Iemand voel moontlik belas omdat hy materialisties ingestel is (l.w. "gedagtes"!) op bv. besittings en voorkoms...  'n Ander voel dalk belas omdat hy homself meet aan ander se standaarde, soos om "belangrik te wees in die samelewing" - (weer-eens, let op die gedagtes!). As ons net besig is met die dinge wat 'n GEJAAG NA WIND is, sal die lewe nie sin maak nie.  Die Christen is veronderstel om anders te "dink en doen" as wat die wereld dink en doen;  meer presies, "is veronderstel om te dink soos die Here dink" (dus om Sy wil te soek en Hom gehoorsaam te wees). 
(Psa 139:23)  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

(Rom 12:2)  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

(Heb 4:12)  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

(Col 3:2)  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
(Rom 8:6)  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede

(Mat 11:28)  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.(Mat 11:29)  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele"


"Logika" is nie altyd die Wil van die Here nie!

In vandag se lewe word enige besluit gekoppel aan "hoe logies dit is".  Die wereldse mens sukkel om die logika van 'n Christen te verstaan omdat Christene anders dink en besluite anders benader.  Die ware kind van God neem besluite volgens die wil van die Here, nie volgens 'logika' nie, maar daar  is ook heelwat Christene wat eerder besluite neem volgens logika, in plaas van "volgens die wil van die Here"!  Die waarheid klink nie altyd "logies" nie, soos die feit dat die "koninkryk in so 'n mate begeer moet word, dat iemand bereid is om alles op te gee daarvoor"!  Die wereld OORDEEL volgens hulle eie sieninge en op wat hulle as logies bestempel. Die Christen is nie veronderstel om op dieselfde wyse besluite te neem, of te oordeel nie.  

 In die wereld word logika selfs gebou op "om te oordeel volgens kennis",  bv. om reg te eet;  tog verander hierdie "kennis" jaar na jaar en iets wat vandag 'n feit is, is nie meer more so nie, maar almal glo dit vandag.  Mense neem hierdie wereldse kennis aan, omdat dit vir hulle "logies" klink! En alhoewel die mens vandag dink dat hy dit alles uit"gefigure" het, is wereldse wysheid eintlik niks nuuts nie - selfs die eerste gemeentes was hieroor gewaarsku! (Kol 2:20-23 - "As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees").  (1Ti 4:8- "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het")...
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
Deur die eeue het die groot manne van God,  hulle egter min gesteur aan "logika":

- Dit was bv. nie logies dat Moses 'n volk in die wildernis inlei, waar hulle almal moontlik kon sterf nie!  (Inteendeel, baie van die volk het ook nie gedink dit is logies nie -  -Eks. 14:12- "Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe").
-  Dit was nie logies dat Dawid die groot Goliat aangevat het nie... 
-  Dit was nie logies dat die volk die land Kanaan kon inneem met reuse en al nie...
-  Dit was nie logies dat Abraham sy familie verlaat om na 'n vreemde land te gaan nie...
-  Dit was nie logies dat Noag 'n ark gebou het terwyl daar nie 'n teken instoor was van 'n vloed nie...
-  Dit was nie logies dat Stefanus die waarheid op mense afgedwing het terwyl hy geweet het hulle gaan hom stenig nie!
-  Dit was nie logies dat Paulus in 'n stad vol afgodsbeelde gaan staan en preek het nie!
...........en so kan ons aangaan...

("MANNE VAN GOD", NEEM BESLUITE VOLGENS "DIE WIL VAN DIE HERE", NIE VOLGENS LOGIKA NIE!)
Die feit is, as ons net dit gaan doen wat logies is, dan gaan dit oor "hoe ons dit sien", en nie oor hoe "die Here dit sien" nie.  Moses het die Vader VERTROU, ten spyte van logika.  So ook Dawid, Josua, Abraham, Noag, Stefanus, Paulus...... Deur gehoorsaam te wees aan die Here en na Sy wil te soek, het hulle outomaties die "geloof" gehad, maak nie saak wat ander mense gese het en hoe ander die situasie "gesien" het nie.  Selfs Christene sukkel somtyds om die Here te vertrou - die rede hiervoor is, omdat dit nie altyd gaan oor "gehoorsaamheid" nie, maar gaan oor "logika"!  (Spr. 21:3- "Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers").  -Baie Christene dien die Here met wat vir hulle logies is, maar laat die geregtigheid na, nl. om die wil van die Here te soek/vra alvorens hulle 'n besluit neem.

Dit maak dus sin dat Jesus die gelykenis van die dienskneg vertel het toe die dissipels vir Hom vra, "gee ons meer geloof" (Luk. 17:5-10). "Meer geloof" gaan nie oor "outoriteit" nie, maar juis oor "gehoorsaamheid" - m.a.w. "om soos diensknegte te wees".  Die Christen van vandag lyk ook maar baie soos die "volk in die woestyn" - dit gaan oor die manier hoe ons verstaan en "sien".  In die brief aan die gemeente van Laodicense (Openb. 3:14-22), praat Jesus van hierdie "blindheid" en beveel hulle "om salf van Hom te koop vir hulle oe sodat hulle kan sien". So "sien" baie Christene "soos die wereld sien":  hulle begeer rykdom en die lewe het begin gaan oor "bymekaarmaak" (dinge waarteen Jesus ons spesifiek gewaarsku het);  dit gaan oor status, eer, voorspoed, seen, wereldse kennis...ens.  Vir Christene is die Skrif ook nie aldag so "logies" nie - die Christen van vandag sukkel maar om terme te verstaan soos:  
- "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind".

Die persepsie van Christenskap het totaal verander en kan in baie kerke nie eens meer vgl. word met die van die eerste gemeentes of met Jesus se leringe nie.  
-So is Christene bv. bewus van die belangrikheid van vas en gebed, maar om die een of ander rede dink hulle nie hulle hoef self te vas nie en daar word nie veel tyd uitgesit vir alleentyd met die Here of om saam met 'n ander te bid nie. 
-So ook die bergpredikasie - dit is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel en Christene luister graag na Jesus se woorde, maar om dit te leef, dit wat Hy van ons verwag in die bergpredikasie, wel, dit is nou 'n ander storie! As dieselfde van Christene vandag verwag moes word wat van die eerste gemeentes verwag was, nl. om alle besittings te deel en ekstra eiendomme te verkoop en dit aan die gelowiges te gee - hoeveel sou regtig bereid wees om dit te doen???  

 Basiese Christelike beginsels is baie verdraai en dit het massas gelowiges se denke beinvloed - so leer heelwat kerke vandag dat "dit nie die Here se wil is dat ons moet ly nie"; "dat gelowiges mag bid volgens hulle begeertes"; "dat gelowiges glad nie hulle saligheid kan verloor nie, al stap hulle ook in aahoudend opsetlike sonde...." -  as hierdie gesegdes bekend of reg klink, dan is daar 'n groot probleem! Dit is heeltemal onskriftuurlik en definitief nie waaroor Christenskap gaan nie.  Die kerk is in 'n dilemma. Die ergste is dat baie Christene hierdie dinge glo en nie eens besef hoe verdraaid hulle denke is nie.  Die oplossing is dat die gelowige self in 'n verhouding met die Here kom en Hom vra om hom te leer.  Gelowiges moet teruggaan na die woord en meer tyd maak vir die geestelike.  
     Die Christen wat "vrug dra", is die Christen wat die WIL VAN DIE VADER doen
 -( mag ons nie verval in wereldse sieninge nie)!

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

(Mat 12:50)  Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Gaan uit haar uit, My volk...

(Openb. 18:4)  "En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk,
 sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
(Openb. 18:5)  Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
(Openb. 18:6)  Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het".  
Met die "val van Babilon" word die geregtiges beveel om "uit haar uit te gaan, sodat hulle nie gemeenskap met haar sondes mag hê nie".  Die val van Babilon is deel van God se wraak  (l.w., nie die verdrukking soos baie leer nie!) op die ongeregtiges. AS DIE GELOWIGE NIE UIT HAAR UITGAAN NIE, DAN SAL HULLE OOK VERWOES WORD SAAM MET HAAR. So het ook gebeur met Lot met die verwoesting van Sodom en Gamorra - Lot moes vlug.  So ook met Noag - God het vir hom 'n uitweg gegee waarin Hy hom sou beskerm in die midde van die vloed.  As Noag nie gehoorsaam was aan die Here nie, dan het hy met sy familie ook gesterf in die vloed. So ook in die geval met die Israeliete toe Korag, Datan en Abíram in opstand kom teen Moses en  Aäron en die priesteramp begeer het - God het hulle verslind, maar almal 'n kans gegee om weg te kom van die opstandiges af sodat hulle nie saam met hulle sou omkom nie.  (Num 16:26)  . 

(Jer 51:6)  "Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon".
(Jer 51:45)  "Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!"

Volgens die skrif verwys "Babilon" na 'n stad, maar dit word ook voorgestel as 'n afvallige stelsel

 Wie is  deel van die afvallige stelsel?  Wat behels so 'n stelsel? Oral waar ons van Babilon lees, het dit te doen met sonde en afvalligheid.  Ons kan bv. die vraag vra, dat sou 'n gelowige in opsetlik, aanhoudende sonde stap, beteken dit dat hy deel is van die afvallige stelsel? Die afvallige stelsel behels 'n stelsel waar mense nie na die wil van die Here soek nie of Hom as hulle Here erken nie. 'n Leuenaar (wat bly voortstap in die sonde van leuens sonder om hom te bekeer daarvan), is deel van die afvallige stelsel.  Iemand wat egbreuk pleeg of hoereer sonder om hom te bekeer, is deel van die afvallige stelsel. So ook iemand wat afgode aanbid, of 'n gierigaard, of kwaadspreker, of dronkaard...ens. (1 Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. - kyk gerus my blogpost, getiteld "is daar iets soos groot en klein sonde")
 Net soos mense die sonde kies a.g.v. die voordele wat hulle daaruit kan kry, so sal mense ook 'n antichristiese stelsel kies vir die voordele wat hulle daaruit kan kry.  Dus is daar baie ander geloofspraktyke soos oosterse meditasie ens. wat deel is van die antichristiese stelsel en mense kies dit bloot vir die voordele wat hulle dink hulle daaruit kan kry.  Die afvallige stelsel het te doen met "die manier van hoe mense sien", en nie die manier hoe "die Here dit sien" nie.   

Die Antichris se stelsel sal ook 'n afvallige stelsel wees.
(Openb. 13:14-18) 
Die stelsel van die Antichris sal, eerstens, anti-Christus wees.  Daarom sal daar groot vervolging wees onder die Christene wanneer die Antichris oorneem, omdat dit juis die Christene is wat nie gaan saamstem met sy stelsel nie - in daardie stelsel sal die bewoners van die aarde gedwing word om die dier te aanbid en om sy merk te dra, waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie.
Reeds van die vroegste tye en ook sigbaar in die tyd van die eerste gemeentes, was hierdie dinge al aan die werk in die wêreld:  
(1Jn 4:3)  "en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld".  
 Om deel te wees van die Antrichris se stelsel,  beteken dat iemand dieselfde "dink" en saamstem met die stelsel.  As ons dink dat dit nie so maklik gaan wees vir die vyand om mense se denke te verander nie, dan maak ons 'n fout, want in vandag se lewe dink selfs baie Christene alreeds anders as wat vir hulle geleer is! 

  Ons weet bv. dat Jesus Christus die enigste Saligmaker is;  
tog is daar baie Christene wat deesdae glo dat hulle nie ander gelowe mag aanstoot gee en hulle "geloof" op iemand anders mag afdwing nie.  In hierdie geval begin dink die persoon "soos die wêreld" en is dus DEEL VAN die anti-christelike wereldstelsel! 

So ook het baie Christene selfs deel geword van al die verkeerde "oordeel" wat in die wêreld teenwoordig is, "raak nie", "smaak nie", en allerhande wette met sogenaamde voorwaardes;  daar word bv. ook neergekyk op mense se swakhede, terwyl die Here eintlik juis die swakhede van die Christen gebruik omdat hy dan meer op die Here vertrou.  
- hieroor skryf Paulus aan die gemeente van Kolossense: 

Vele Christene het ook "traag geword om te hoor" - hulle plaas liewer hulle vertroue in wêreldse wysheid, as in die Here en laat na om die waarheid te soek.  Hieroor sê die Hebreër-skrywer: (Heb 5:11-14)  "waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor. Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei". Dus, wanneer iemand meer besig is met die lewe as met die Here, en nie regtig tyd maak met die woord en na die waarheid soek nie, het dit tot gevolg dat diesulkes nie kan onderskei tussen goed en kwaad nie!  Dit maak hulle oop vir valse leerstellings en wêreldse insig en het tot gevolg dat baie Christene vandag "dink soos die wêreld dink". Dit is ook nie verniet dat Jesus juis gepraat het van valse profete in die laaste dae.
En as ons reken dat dit logies sal wees om die nodige onderskeiding te maak en die anti-christelike maklik te erken, moet ons ook nie so seker wees nie, want baie dinge in vandag se lewe kom logies voor, maar is nie so logies nie bv. die feit dat ons dink dit is reg as ons kinders 30 uur per week in die skool spandeer, plus nog huiswerk by die huis, maar daar word net 15 min. op 'n Sondag uitgesit vir Sondagskool met geen Sondagskool huiswerk nie omdat die kinders te veel ander werk het! (...en dan reken ons die wêreldse sienings het geen invloed op ons nie?).  Baie Christene se sienings het verander in die dae en hulle neig al meer om soos die wêreld te "dink".  Jesus se woorde in Mat 10:39-  "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind", is net nie so logies in vandag se lewe nie! En wat van die  bergpredikasie? (Matt. 5-7) - in vandag se lewe is dit bv. net nie logies om jou  besittings te deel met ander of ekstra grond e.a. te verkoop om in nood te voorsien nie.... So min verstaan ons van hoe dit eintlik moet wees! (...en dan reken ons die wêreldse sienings het geen invloed op ons nie?)
Lees gerus my blogpost getiteld "Sou jy Paulus nog respek betoon?":  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/sou-jy-paulus-nog-respek-betoon.html  .

Die punt is dat die Christen van vandag baie anders dink en ons nie besef hoeveel ons deel geraak het van die Babel stelsel nie.  Ons is veronderstel om volgens die waarheid te leef, nie volgens wêreldse wysheid nie.     
(2 Kor. 6:14-18) - "Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;  en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige. (2 Kor. 7:1)  Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring".
(ONS MOET DIE GODSALIGHEID NAJAAG).

(2 Joh. 1:9-11)- "Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
(ONS MOET NIE VRIENDE WEES MET ALMAL NIE)

(1Ti 5:22)  Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
(ONS MOET NIE SAAM MET DIE ONGELOWIGES IN DIESELFDE JUK TREK NIE)

........en so meer.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dit het tyd geraak dat die Christen vir die Here vra om hom te leer en te wys watter dinge "nie van Hom is nie";  meer te bid, meer tyd met die woord te spandeer, gedagtes vernuwe en die wêreldse dinge af te lê.
 Die Christen moet anders dink as die wêreld.
"GAAN UIT HAAR UIT, MY VOLK..."

Christene in die pad van ander Christene

Vele Christene voel " in die pad" in die kerk.  En wee die een wat dink dat die Here 
hom 'n opdrag gee, want dan is daar altyd diesulkes wat toesien dat hy op sy plek 
gesit word! 
Dit is selfs gevaarlik om deel te raak van die werkspan in sekere kerke, want dit is net daar waar die probleme begin vir sekere lidmate.

Dit is natuurlik waar dat soveel Christene vandag "meer besig geraak het met die lewe as met die Here", en dit veroorsaak dat die kerk versigtig moet wees wie hulle toelaat in sekere bedienings. Dit is ook die kerk se plig!  Baie Christene dink bv. dat hulle oor wonderlike "kennis" beskik, maar het hulle kennis verkry van boeke en mense en faal om die waarheid te soek, self die Skrif te ondersoek en in 'n verhouding met die Here te kom.  Dit is dus logies dat diesulkes nou bv. nie lering kan gee of Sondagskool nie, maar in hierdie pos wil ons nie uitklaar hoe ons diesulkes identifiseer nie, maar meer spesifiek kyk na hoekom sekere ware Christene nie toegelaat word om te bedien nie.  Hoekom is daar net sekere mense in die kerk wat kwansuis van die Here hoor?  En hoekom staan hierdie mense in die pad van ander ware gelowiges wat wel deur die Here gebruik word?  
--------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hierdie probleem is egter niks nuuts nie!  Met bestudering van drie skrifgedeeltes hieronder, sal ons die antwoord kry op ons vraag, oor
" hoekom sekere Christene in die pad staan van ander Christene".

-(1)   In Mark. 9:33-41 was die dissipels ontsteld oor iemand anders wat, alhoewel nie saam met hulle gestap het nie, ook duiwels uitgedryf het in die Here se Naam. (Mar 9:38 -" Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie").  Jesus het die dissipels egter beveel om hulle nie te stuit nie, want, het Hy gese:   "wie nie teen ons is nie, is vir ons". 
 Hoekom het die dissipels in die pad probeer staan van hierdie ander gelowiges!!!?   

-(2)   In Joh. 3:22-30, was Johannes se dissipels ontsteld oor die feit dat Jesus en Sy dissipels ook mense doop, maar Johannes het hulle geantwoord:  "'n mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie".    
Hoekom wou Johannes se dissipels in die pad staan van Jesus en Sy dissipels!!!?  

Die rede hiervoor is duidelik uit beide skrifgedeeltes: 
- In die eersgenoemde skrifgedeelte (Mark. 9:33-41), het Jesus geweet waaroor die dissipels geredeneer het.  Sy woorde aan hulle: "As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees".  Die dissipels wou in die ander se pad staan, omdat hulle BELANGRIKER wou wees!  Hulle wou eerste wees en kon nie dink dat iemand anders ook die plek kan vervul nie.  (Gaan lees gerus die gedeelte in konteks). 

- Net so in die tweede skrifgedeelte (Joh. 3:22-30) - Johannes stel dit reg deur te verduidelik dat hy (wat Johannes is) nie BELANGRIKER is as Jesus Christus nie.  Sy woorde: "Hy moet meer word, maar ek minder".  Weer-eens was die wortel van die probleem die feit dat Johannes se dissipels hulself "eerste" wou stel, en belangriker wou wees. 

-(3)   Kyk ook 3 Jn 1:9,10 - "Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie. Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente".   -hy het direk in die pad gestaan van die ander gelowiges deur hulle te verhinder om die wil van die Here te doen -

Hoekom het Diotrefes in die pad gestaan van ander gelowiges!!!?  
Kyk die woorde, "wat onder hulle die EERSTE WIL WEES"....... Hy wou die belangrike een wees en weer-eens, soos die vorige voorbeelde het dit tot gevolg gehad dat hy in die pad gestaan het van die Here se werk en nie ander toegelaat het om te doen wat die Here van hulle verwag nie.
Waar dit vir mense gaan oor verkeerde redes, "om belangrik te wees", of "om eerste te wees", verhoed hulle ander om DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN.

So kan ware gelowiges ook maklik erken wie die persone is vir wie dit gaan oor status, eer en posisie. Terwyl die Fariseërs Jesus heeltemal verkeerd  geoordeel het, het Jesus hulle reg beoordeel, wanneer Hy van hulle gesê het: 
(Mat 23:5)  "En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
(Mat 23:6)  En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
(Mat 23:7)  en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!"
Die is ook een van die redes hoekom die Fariseers en Skrifgeleerdes in Jesus se pad gestaan het:  status, eer en posisie!  (Dit bring ons natuurlik by die volgende vraag oor wie die persone is aan wie ons onsself onderdanig stel om ons te lei...). 
----------------------------------------------------------------------------------------------
 Ons moet  "die Here dien" om die regte redes - dit moet nie gaan oor eie gewin nie, maar ons moet wees soos ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE, wat VIR DIE HERE WERK UIT GEHOORSAAMHEID AAN HOM, nie volgens wat ek dink moet gebeur, of omdat ek baas wil speel, of omdat ek belangrik of "iets" wil wees nie. 
(Luk 17:10)  "So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen".

OM DIE HERE TE DIEN of OM VIR HOM TE WERK, HET NIKS TE DOEN MET POSISIE OF STATUS NIE, maar DIT HET TE DOEN MET "GEHOORSAAMHEID AAN HOM", om onverdienstelike diensknegte te wees vir Hom.  
 Die Here wil he ons moet op Hom vertrou;  daarom kies Hy baiemaal die een wat "swak" voorkom vir die job.  Waar ons dink dat iemand nie "belangrik genoeg is" vir 'n job nie, het ons klaar gefaal, want dit gaan oor wie die Here wil gebruik en wat Hy deur daardie persoon wil doen.  
God kyk na die hart.