Saturday, September 28, 2013

Versoeking/Beproewing

In hierdie blogpost gaan ons veral kyk na die tema van 
"versoeking" 
- in sommige skrifgedeeltes vertaal as "beproewing".

  Jesus het bv. die volgende aan die gemeente van Filadelfia gese:  
Openb. 3:10 - "Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing (G3986 - temptation) wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel".  Die woord "beproewing" hier,  is dieselfde as die woord wat gebruik word in die gelykenis van die saaier, maar daar vertaal word as "versoeking".  

(Luk 8:6)  "En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie"...................
(Luk 8:13)  "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking (G3986 - temptation - a putting to proof, try) VAL HULLE AF"(G868 - fall away - withdraw self, depart, draw (fall) away).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kort opsomming:

(1)  VERSOEKING  GAAN OOR "OM OP DIE PROEF TE STEL".  Wanneer iemand nie die proef (beproewing) of versoeking deurstaan nie, VAL HY AF (Luk. 8:13; Hebr. 13:12)
(2)  GOD VERSOEK NIEMAND NIEDit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie - God sal ook nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie.
(3)  Dit is die TOESTAND VAN DIE HART wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan, en nie net dit nie, maar deur versoeking word ook bewys wat in die hart aangaan (vgl. met "vrug").
(4)  GEBED kan veroorsaak dat ons nie in versoeking kom nie.
(5) Iemand word versoek "AS HY DEUR SY EIE BEGEERLIKHEID WEGGESLEEP EN VERLOK WORD" -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html
========================================================================

(Heb 3:12)  "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God AFVALLIG(G868 - departing - withdraw self, depart, draw (fall)away) word nie".  In hierdie skrifgedeelte leer ons dat dit die HART is wat bepaal of iemand versoeking kan deurstaan.  Kyk ook na Jesus se verduideliking in die gelykenis van die saaier - "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie,aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking  VAL HULLE AF".  Maar kan 'n Christen dan 'n bose hart he? Of 'n ongelowige hart? JA!  In die geval van waar die saad op die rots val, "neem hulle die woord met blydskap aan wanneer hulle dit hoor" - so iemand kom dus tot geloof, maar glo net vir 'n tyd en ontwikkel 'n ongelowige hart.

 'n Ander interessante vb. is die van Simon die towenaar, wat tot bekering gekom het, maar wie se hart nie reg was nie: - (Hand. 8:13)  "En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur"........(Hand. 8:18-23)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is".

DIT IS DIE TOESTAND VAN DIE HART WAT BEPAAL OF IEMAND VERSOEKING KAN DEURSTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIT IS DUS DUIDELIK DAT NIE ALLE "GELOWIGES" VERSOEKING DEURSTAAN NIE, DIE MET 'N BOSE OF ONGELOWIGE HART, EN DIT TOT GEVOLG HET DAT HULLE AFVALLIG RAAK VAN DIE HERE.  
In die geval van Simon, was hy in 'n "gal van bitterheid" en "bande van ongeregtigheid" - gaan lees meer hieroor op page E-H op hierdie blog, en rol af tot: 
"In 'n gal van bitterheid": http://warechristene.blogspot.co.nz/p/e-h.html.)
VGL. DIT OOK MET HEBR. 3:8 (VERHARDE HARTE - verbitterd)

Hierdie afvalligheid kan tot gevolg he dat sulke afvallige gelowiges verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ti 4:1)  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof AFVALLIG (G868 - depart - withdraw self, depart, draw (fall) away) sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang  -  GAAN LEES GERUS DIE HELE 1 TIM. 4 OM TE SIEN WAT HIER GENOEM WORD, DIE BELANGRIKHEID VAN OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, en wat  AS LERINGE VAN DUIWELS beskou word...(" wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het .................ens......)".

GELOWIGES WAT NALAAT OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG, EN "VERLEIDENDE GEESTE EN LERINGE VAN DUIWELS BEGIN AANHANG", IS DIE WIE SE HARTE NIE REG IS NIE - BOSE EN ONGELOWIGE HARTE - DIE WAT NIE DIE VERSOEKING DEURSTAAN NIE - DIE WAT AFVALLIG GERAAK HET.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1Ti 6:9)  "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking (G3986) en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang". (ook in hierdie geval verwys dit na wat in die hart van die mens aangaan)

========================================================================
GOD VERSOEK NIEMAND NIE!
Dit is die duiwel wat mense versoek, maar dit is God wat dit toelaat, of nie toelaat nie.


(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking (G3986) verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek (G3985 - tempted - examine, proof, tempt, try) Hy niemand nie.

(Luk 4:13)  En toe die duiwel elke versoeking (G3986) geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk.

(1Kor. 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking (G3985) bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

(1Kor. 10:13)  Geen versoeking (G3986) het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
========================================================================
GEBED kan ons beskerm teen versoeking:
(Heb 2:18)  Want deurdat Hy self onder versoeking (G3985) gely het, kan Hy dié help wat versoek word.


Jesus het vir ons geleer dat ons die volgende moet bid:
(Luk 11:4)  "en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking (G3986) nie, maar verlos ons van die Bose".

Voor Hy gevange geneem is, het Hy ook die volgende aan die dissipels gese:
(Luk 22:46)  En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie.
(Mar 14:38)  Waak en bid, dat julle nie in versoeking (G3986) kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

dus het Jesus vir ons 'n groot waarheid geleer, dat:  AS ONS BID, KAN DIT VEROORSAAK DAT ONS NIE IN VERSOEKING KOM NIE.
========================================================================
As dit gebeur dat 'n gelowige in versoeking val, moet hy dit sien louter vreugde!, want as hy die toets deurstaan, bewerk dit lydsaamheid...

(Jak. 1:2)  "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
(Jak. 1:3)  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
(Jak. 1:4)  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie".

(Deu 8:2)  En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing,om te weet wat in jou hart isof jy sy gebooie sal hou of nie.

========================================================================

Wie van ons is regtig sterk genoeg om staande te bly "sou ons versoek" word?  Bid ons genoeg?  Wat is die toestand van ons harte?  Vir die een wie se hart reg is, wat IN DIE HERE BLY, alhoewel met min krag, MAAR SY WOORD BEWAAR EN SY NAAM NIE VERLOEN NIE (Openb. 3:8), vashou aan die geloof en gereeld BID, sal die Here bewaar van hierdie "val" wat kan kom wanneer hy sou beproef word - m.a.w. bewaar van versoeking.  (2Pe 2:9)  'die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word' - kyk ook my blogpost: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-here-weet-om-die-godsaliges-uit.html.  Doen wat Jesus geleer het, WAAK EN BID, en  bid tot die Vader - "lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose".  Ondersoek jou eie hart en maak seker of jou begeerte is na Hom? (dat sou jy versoek word, jy staande kan bly en nie afval nie)

(Jak. 1:12-16)  

Waarna is jou begeerte?  Hoe lyk jou hart?  En is jou gedagtes op die dinge daarbo?  
(Vgl. dit met 1 Tim. 6:9).
=================================================================================

Terwyl baie gelowiges dink dat die duiwel hulle uitlos omdat hulle "onder die bloed van Jesus Christus is", is die waarheid:
- dat die duiwel hulle steeds probeer vang om sy wil te doen, en nie die Here se wil nie.
- dat hy gelowiges nog steeds met sy listigheid probeer bedrieg, deurdat hy hulle probeer kry om (1) ‘n ander Jesus aan te neem; (2) of om 'n ander gees te ontvang; (3) en om 'n ander evangelie aan te neem. 
- dat hy probeer om gelowiges se sinne bedorwe te maak 
- dat hy probeer om gelowiges wat in sonde stap, opgeblase te maak met wereldse wysheid waardeur hulle hul sonde probeer regverdig 
- dat hy probeer om gelowiges afvallig te maak van die Here
- dat hy gelowiges versoek om verkeerd te doen
=================================================================================
Alhoewel "verdrukking" ook gesien kan word as "versoeking", moet ons verstaan dat die rede vir verdrukking nie altyd versoeking is nie!  Die rede vir verdrukking of vervolging, is nie altyd "om op die proef te stel" nie, maar ook om ander redes, soos om "uit die weg te ruim"! (en l.w. dat Jesus gese het:  Joh 15:20 -  "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar") - en l.w. dat hierdie beproewinge ook lydsaamheid leer!.
(1Pe 4:12-16) 

No comments: