Monday, September 3, 2012

Koring en Kaf

Wie's die Koring en die Kaf ?

Johannes die Doper het verwys na hoe Jesus  (wanneer Hy terugkom) die "koring en die kaf" van mekaar gaan skei - (Matt. 3:12;  Luk. 3:17) -, maar wie is hierdie "koring en kaf" waarvan Johannes gepraat het?  


(Mat 3:12)  "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand".
Die algemene begrip onder baie gelowiges, is dat die vers praat van die gelowiges as die koring, en die ongelowiges as die kaf, maar is dit regtig waarna Johannes hier verwys?  (Hou in gedagte, dat kaf  daardie "deel is van die koring" wat weggegooi word, die deel wat nie "nuttig is nie").  Wanneer ons die skrifgedeelte in konteks lees, sal ons merk dat Johannes met die Fariseërs en die Sadduseërs gepraat het - sommige van hulle wou gedoop word, maar Johannes het vir hulle gesê: " Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?".  Mat 3:10 - "Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".

 Johannes het  met "gelowiges" gepraat - die wat deel was van God se volk, maar nie die vrug gedra het nie. (Mat 3:8 - "Dra dan vrugte wat by die bekering pas").
  Wanneer Jesus terugkom sal Hy nie net oordeel tussen "gelowiges en ongelowiges" nie, maar ook tussen 
"gelowiges en gelowiges".  


*  Vergelyk ook die "koring en kaf" skrifgedeelte met  Es. 34:22 - "Ek sal oordeel tussen skape en skape",en met Matt. 22:1-13 - van die een sonder "bruilofskleed" -  (v.11,12 -"En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar IEMAND WAT NIE 'N BRUILOFSKLEED AANHET NIE. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie" - net so is daar siesulkes wat dink dat hulle "gelowiges" is en lyk of hulle gelowiges is, maar nie werklik 'n bruilofskleed aanhet nie. 

*   Kyk ook na die verhaal van die "10 maagde" - Matt. 25:1-13. Wat het gebeur met die wat nie gereed was nie?  

*  (Mat 25:12,13)  "Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie".


*  Lees ook die gedeelte in Matt. 25:14-30 van die man wat op reis wou gaan en sy diensknegte geroep het en besittings aan hulle toevertrou het  - wat het gebeur met die een wat een talent ontvang het en dit begrawe het?  (Mat 25:30- "En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande". (Mat 25:29)  "want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het".  Kyk na die konteks waaruit hierdie skrifte kom:  (Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.(Mat 24:44)  Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—(Mat 24:49-51)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

*  Vgl. dit met die gelykenis van die saaier.  -Dit is dus net die wat "VRUG DRA", wat die ewige lewe sal beërwe.


No comments: