Thursday, September 27, 2012

Sal die Here Sy kinders beskerm tydens verdrukking?


Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos


(2Pe 2:1)  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
(2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
(2Pe 2:3)  en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
(2Pe 2:4)  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
(2Pe 2:5)  en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
(2Pe 2:7)  en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;
(2Pe 2:8)  want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke—
(2Pe 2:9)  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;


Van watter "versoeking" praat hy hier waaruit die Here die godsaliges verlos? (2Pe 2:9)  "die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word"  dus, die teenoorgestelde van "om uit versoeking verlos te word", is "om bewaar te word vir die dag van oordeel".   
 Hoe verlos Hy hulle uit versoeking?  -As ons die gedeelte in konteks lees, praat hy van  die valse profete en leraars wat nie gespaar sal word nie, net soos God ook nie die engele gespaar het, asook die ou wereld nie...  Wie is uit die "versoeking" verlos?  Noag, met sewe ander,  en Lot... - God het hulle veilig gehou.  Die skrifgedeelte verduidelik dus vir ons "hoe" Hy die godsaliges uit versoeking verlos, m.a.w., Hy hou hulle veilig (nie noodwendig veilig hou in tye van verdrukking nie, alhoewel Hy sal as Hy wil, maar veilig hou "op die dag van oordeel",  wanneer die onregverdiges bewaar word vir die dag van oordeel of wanneer Hy wraak uitoefen op die onregverdiges). 


Terwyl 'n studie op eindtydskrifte, altyd duidelik uitwys dat die wederkoms eers sal plaasvind iewers op die sewende seel, is daar heelwat Christene wat nie kan verstaan hoe die godsaliges nog op die aarde kan wees in daardie tyd nie. Daarom is daar heelwat valse leerstellings rondom die onderwerp en het sommige besluit dat die wederkoms in twee dele geskied, leerstellings wat heeltemal onskriftuurlik is en bloot gebou is op "afleidings" - sien my blogpost, getiteld "die doel van die wegraping": http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/die-doel-van-die-wegraping.html  


Ons moet onthou dat voor die sewende seel, daar reeds baie dinge met die aarde gaan gebeur.  (Mat 24:22)  "En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word". - d.w.s., die uitverkorenes sal nog op die aarde wees in daardie dae;  dit is hoekom die Here die dae sal verkort! - God gaan nie die godsaliges "wegneem" soos baie leer nie, maar Hy sal die "dae verkort".  Dit beteken ook nie dat hulle nie hulle lewe kan verloor nie;  inteendeel, dit sal ook 'n tyd wees waarin baie Christene op die proef gestel gaan word deur verdrukking, en ander verdruk word ter wille van om die evangelie te verkondig. Dit sal die dae wees wanneer die evangelie aan die hele wereld verkondig word en Christene sal met hulle lewe betaal vir hulle geloof.  
Op die sesde seel sien ons bv. 'n groot aardbewing, sterre wat op die aarde val, die hemel wat wegwyk soos 'n boek wat toerol, berge en eilande wat uit hulle plekke versit word ens. Die 6 de seel word afgeeindig met die woorde: (Openb. 6:17 - "want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?")  dit is nie dinge wat met die aarde gebeur waarvoor ons moet bang wees nie, of die wat die liggaam kan doodmaak nie, maar "vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel"! (Matt. 10:28b).(Gaan lees gerus Matt. 10:15-42-(Mat 10:39 - "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind".)
In die tye van die eerste 5 seels, sien ons oorloe en gerugte van oorloe, nasies en koninkryke wat teen mekaar opstaan, hongersnode, pessiektes, aardbewings en groot verdrukking van die gelowiges, nee, nie net die Jode soos baie leer nie, maar gelowiges van alle nasies, stamme, volke en tale - (Openb. 7:9)  "Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; (Openb. 7:14)  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Wanneer gaan die Here dan nou eintlik die godsaliges verlos? -  wanneer Hy Sy wraak uitoefen op die onregverdiges, op die dag van oordeel - (NIE in die tyd van dit wat met die aarde gebeur voor dit nie, of in die tyd van vedrukking nie!).   In die skrifgedeelte in Luk. 18:1-9, die gelykenis van die onregverdige regter, (Luk 18:7,8 - "Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?) wil dit lyk of Jesus vir ons 'n uitkoms belowe om hierdie ander dinge vry te spring;  tog, wanneer ons dit in konteks lees met die vorige hoofstuk, asook spes. v.9, dan moet ons verstaan dat Hy gepraat het van die daardie "dag van die Here", m.a.w., die "dag van oordeel".  (v. 9: "En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel").  Nog 'n konteks in die gedeelte: (Luk 18:1  "En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie") - sien my blogpost, getiteld "As Jesus kom, sal Hy wel die gleoof op aarde vind?: http://www.blogger.com/blogger.g?blogID=8353727352980347449#editor/target=post;postID=4069851158389632782


 Wie val NIE onder die godsaliges nie? (wie sal nie veilig gehou word op die dag van oordeel nie?):   - "DIE MENSE VAN DIE OU WERELD , EN  DIE MENSE VAN SODOM EN GOMORRA"  - dit is die wat meer besig is met die lewe, as met die Here, die sedeloses wat losbandig lewe, die onregverdiges...; 
-  OOK DIE VALSE PROFETE EN DIE VALSE LERAARS - die wat uit hebsug met verdigte woorde voordeel trek uit ander, die wat verderflike ketterye heimlik invoer, en die Here verloen...  


 - "die Here weet om die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel..."


---------------------------------------


(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
(2Th 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
(2Th 1:9)  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
(2Th 1:10)  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

No comments: