Sunday, September 2, 2012

Wat beteken dit "om gereed te wees"?

Wat beteken dit "om gereed te wees"?
Die eerste gemeentes het 'n goeie begrip gehad van wat dit beteken "om gereed te wees".  Hulle het ook mekaar gedurig aan hierdie dinge herinner.  Die feit dat Jesus so baie hieroor gepraat het, bewys dat baie gelowiges NIE GEREED SAL WEES wanneer Hy terugkom nie.  Ons moet ook mekaar herinner aan dit wat belangrik is, sodat ons gereed sal wees vir daardie dag van die Here.

Hoe moet ons gereed maak?
----------------------------------------
-  (1)  Luk. 12:13-40:  - ons moet "ryk wees in die Here"
(ons moet meer besig wees met die Here, as met die lewe en Hom as EERSTE LIEFDE ken)(ons moenie begeer om ryk te word in besittings nie)(ons moenie ons hoop, of sekuriteit, plaas in wêreldse dinge nie)...

-  (2)  Luk. 12:1-12:  -   moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar vrees Hom wat by magte is om in die hel te werp;  moenie die Here verloën nie 
(moet die Here vrees; moet bereid wees om deur vervolginge en verdrukkinge te gaan ter wille van die die Here) ...

- (3)  Luk. 12:41-59:  -  ken die wil van die Here en doen dit 
(soek na die Here se wil in alles;  wees gehoorsaam aan Hom;  moenie in opsetlike aanhoudende sonde stap nie;  moenie op die wêreldse wysheid staatmaak nie)...

Dieselfde inligting en meer kan ook gehaal word uit die 7 briewe in Openbaring:


-  KEN die HERE  AS EERSTE LIEFDE: (1) Ken Hom persoonlik en maak daagliks tyd vir gebed; (2)  Hy moet belangriker wees as enige iets anders en daar moet daagliks na Sy wil gesoek word in alles in die lewe. (Joh. 17:3)

-  ONS MOET RYK WEES IN DIE HERE:  (1)  moenie soek na aardse rykdom en genot nie, maar SOEK na Sy geregtigheid, Sy wil, die waarheid...(Matt. 7:8) - beteken dus OM VRUG TE DRA; (2)  Matt. 12:39 - moenie die verkeerde dinge soek nie; die wat hulle lewe verloor, sal dit wen.

-  MOET BEREID WEES OM TE STERF TER WILLE VAN DIE NAAM VAN DIE HERE: die Christen moet dit sien as 'n seën as hy vervolg word ter wille van die geloof.  (2 Tim. 3:12)

-  MOENIE SEKURITEIT SOEK IN WêRELDSE DINGE NIE, MAAR IN DIE HERE:  (1) ryk wees in die Here;  (2) moet DIE HERE SE WIL SOEK sodat hy kan "sien soos die Here sien";  soek die waarheid sodat daar onderskei kan word tussen wêreldse wysheid en die Here se "manier van sien";  (3)  moet tevrede en veilig voel omdat hy die Here ken en dien, nie omdat hy vooruitgaan in die wêreld nie of omdat hy aan 'n kerk behoort ens. nie - moet die Here ken, Sy wil soek, Sy dinge en waarheid soek...

-  MOENIE AG GEE OP VALSE LEERSTELLINGS NIE, MAAR SOEK DIE WAARHEID- moet jou nie laat besoedel deur valse leerstellings nie.

-  ONTHOU DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE GELOOF EN DRAAI WEG VAN AANHOUDEND OPSETLIKE SONDES. (Hebr. 10:26)

-  VIR DIE WAT ALREEDS DIE NODIGE VRUG DRA en WERKE TOON:  HOU VAS WAT JY HET EN MOENIE MOEDELOOS RAAK NIE, BID SONDER OPHOU (sodat niemand jou kroon kan neem nie).

-  AG DIE TUGTIGING 'N SEën(Hebr. 12:8).

-  BEWAAR DIE WOORD VAN SY LYDSAAMHEID;  MOENIE SY NAAM VERLOëN NIE; DIE CHRISTEN MOET DIE NODIGE WERKE EN LIEFDE, DIENS,  EN GELOOF TOON; DIE CHRISTEN MOET BEREID WEES OM VERVOLG TE WORD TER WILLE VAN DIE HERE EN LIEWER ARM WEES in die wêreld EN RYK IN DIE HERE, (AS OM RYK TE WEES in die wêreld EN ARM IN DIE). HERE.


No comments: